kategorieë: Sukses en geldJou lewe

Ma en die Mitsubishi: So ry die nuwe Triton Xtreme

Die Mitsubishi Triton Xtreme 4WD, ’n 4×4-dubbelkajuit-bakkie, is ’n voertuig wat baie vinnig bewys het dat dit die daaglikse chaos van gesinslewe kan hanteer terwyl dit ook pret en avontuur verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hiervan hou ek:

  1. Spasie, spasie en nog spasie: Met twee kinders en twee honde is spasie ’n moet, en die Triton Xtreme bied dit in oorvloed aan. Die dubbelkajuit bied aan almal genoeg ruimte, en die passasiers op die agtersitplek het genoeg beenspasie. Plus, die vragbed was perfek om alles van die honde se hokke tot my seun se basketbal goedere en albei kinders se skooltasse te dra.
  2. Die 4WD Avontuur-faktor: Die voertuig se veldry-vermoëns het aan my selfvertroue en gemak gegee. Modder, grys of sand? Geen probleem. Die tegnologie is redelik voor die hand liggend en wanneer ek die kinders vir ’n naweek wegneem, is dit gerustellend om te weet die voertuig kan deur enigiets kom.
  3. Veiligheid eerste: Veiligheid is altyd baie belangrik vir my wanneer ek ry. Die Triton Xtreme is uitgerus met sewe lugsakke, ’n trukamera en elektroniese stabiliteitsbeheer wat my ook verdere gemoedsrus gee wanneer ek met my kosbare vrag rondry.
  4. Brandstofdoeltreffendheid: Al is dit groot en kan dit lekker in die veld rondry, is die Triton Extreme se brandstofverbruik nie belaglik nie. Ek was aangenaam verras met hoe min ek die tenk gedurende my twee weke avontuur moes volmaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

’n Paar laaste gedagtes:

Die Mitsubishi Triton Xtreme 4WD dubbelkajuit-bakkie is ’n bekwame en ruim gesinsmotor met ’n liefde vir ’n bietjie pret in die veld. As jy ’n ouer is wat opsoek is na ’n voertuig wat bietjie uitstaan, wat die kinders by die skool kan aflaai én naweek wegbreke met dieselfde gemak kan doen, dan is die Triton Xtreme die moeite werd om te oorweeg. Onthou net om jou parkeervaardighede te oefen, want die Triton is nie gemaak om in klein parkeerplekkies in te druk nie!

Lees ook: Nuwe aanbieder vir Ontbytsake

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Mango-en-klapper-yskastert met pynappelgranita

Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…

2 days Gelede

Steak-en-sampioen-roerbraai

Genoeg vir 4-6 Bestanddele   Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met musieklegende Jannie du Toit oor sy opwindende jaar wat voorlê

In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…

2 days Gelede

‘Die Byl’ groet ná ses seisoene

“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…

2 days Gelede

Frikkadelle in tamatiesous

Genoeg vir 4-6.   Bestanddele   4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k)…

2 days Gelede

Wees positief, leef langer

Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.