Vir oordaad
– Vir sooibrand: Gaviscon
– Vir jou lewer: Essentiale
– Sonbrand: Voltaren-jel
– Dehidrasie en sonsteek: Rehidrat
Vir wondjies & seerplekke
– Elastoplast Silver en Bactroban
– Sere & verstuiting: Verbande, gaas
– Brandwonde: Burnshield
– Goggabyt: Anthisan
– Atiesjoe: Loratadine
Doer onder
– Blaasinfeksie: Urikleer
– Kandida: Medaspor
– Diarree: Imodium
– Naarheid: Valoid
– Hardlywigheid: Agiolax
– Maagkrampe: Buscopan
Ek het altyd
Neurofen* want dit werk vir:
– Menstruasiepyn
– Babelas
– Hoofpyn
– Spierpyn
– Artritis
– Inflammasie
– Tandpyn
– Verstuiting
– Seerkeel
– Koors
– Verkoue
– Rugpyn
– Ligte migraine.
*Ook in stroop beskikbaar
Nog pleisters vir die langpad
Profmed het vir ons dié aftiklysie saamgestel:
Gaasvierkante
Gomband (amper soos pleister)
Antiseptiese lappies
Antiseptiese room soos Bactroban
Antihistamien of hidrokortisoonroom vir insekbyte
Rekverband
Skerp skêr en tangetjie
Latekshandskoene
Oogdruppels
Pynpille
Antihistamien vir allergieë
Jel-yspak
Soutwater
Sooibrandmiddel
Brandwondpleister of -room
Aluminium- kombers
Malariapille, as julle in malariagebiede gaan wees
’n Elektroliet-aanvuller in geval van diarree
Sonskerm
Voorskrifmedisyne en ’n ekstra voorskrif, ingeval jy joune verloor