Lys van kosse wat suur verminder en vermeerder. Deur Salomé Delport.
Probleme met jou spysverteringskanaal, soos sooibrand, refluks (GERD), ’n maagseer en gastritis word waarskynlik veroorsaak deurdat jy kos eet wat te veel suur veroorsaak.
Die meeste van ons kan baie gou beter voel deur net een of twee dingetjies aan ons dieet te verander.
Lys van kos wat suurheid teenwerk of verminder
Vrugte | Suurlemoen, waatlemoen, mango’s, papaja, kiwi’s, appels, pere, rosyne, bloubessies, lemoene, piesangs, pynappel, perskes, dadels, vye |
Groente | Aspersies, uie, rou spinasie, broccoli, skorsies, botterskorsie, pampoen, groenbone, beet, seldery, slaaiblare, murgpampoentjies, patat, avokado’s, wortels, tamaties, sampioene, koolsoorte, ertjies, olywe, olywe, waterkres, gedroogde appelkose, pietersielie, knoffel, groensap gemaak van slaaiblare, groenbone, appel en spinasie |
Grane | Wilderys (gewone of enige ander soorte rys vererger suur), kinoa |
Neute | Amandels, vlassaad |
Olies | Olyfolie, kanola-olie, vlassaadolie |
Melk & kaas | Vars melk (maar UHT-melk kan suur vererger by party mense), bulgaarse joghurt, karringmelk, maaskaas, bokmelk, bokmelkkaas |
Drinkgoed & ander | Groentee, kruietee, rooibostee, tee, gemmertee, kos gemaak met koeksoda of bakpoeier, rou heuning (die meeste heuning is reeds verwerk) |
Lys van kos wat suurheid veroorsaak en/of vererger
Vrugte | Bosbessies, swartbessies, pruime, pruimedante, rabarber |
Groente | Lensies, limaboontjies, aartappels |
Grane | Brood (veral heelkoring en bruin brood), ontbytpappe, rys, mieliemeel, beskuitjies, pastei, gebak, pizza, pasta, mielies, rog, hawermout |
Neute | Grondbone, okkerneute, brasilneute, pekanneute, kasjoeneute |
Vleis | Beesvleis, skaapvleis, vark, hoender, skulpvis |
Melk & kaas | UHT-melk (maar varsmelk verminder suur), kaas, roomys, |
Drinkgoed & ander | Bier, kitskoeldranke, koffie, witsuiker, bruinsuiker, kunsmatige versoeters, sjokolade |
Lys van kosse wat baie min effek op suurheid het
Die meeste mense, selfs dié wat las van suur het, kan hierdie kosse eet:
Groente | Niertjiebone, gaar spinasie |
Grane | Speltbrood, bruin rys |
Neute | Pampoensaad, sonneblomsaad |
Vleis | Eiers, kouewatervis (snoek, sardiens, salm en makriel), wildsvleis |
Olies | Botter |
Drinkgoed & ander | Tee, gekoopte heuning |