kategorieë: Skoonheid

Lyk suksesvol in ’n onderhoud

Jou volpunte- voorkoms

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Shani Naidoo, hoof van menslike hulpbronne by The Foschini Group, voer honderde onderhoude per jaar. Hier is haar wenke:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Klere
“Dra klere waarin jy gemaklik voel – iets wat jy al tevore aangehad het, geskik is vir werk en wat by jou liggaamsbou pas. Vermy baie kort rompies, toppies met lae halslyne en ligte materiaal waarop sweet gou sigbaar sal wees. Neem in ag dat jy sal sit wanneer die onderhoud gevoer word – jy moet gemaklik kan sit en weer opstaan sonder dat dit nodig is om jou klere reg te trek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bykomstighede
“Vermy lang oorbelle en moenie te veel ringe of armbande dra nie. Coco Chanel was reg: minder ís meer. Verwyder minstens een bykomstigheid voor jy die huis verlaat. Kies ’n swart of neutrale kleur handsak wat groot genoeg is vir ’n notaboek, pen, jou beursie, sneesdoekies en ’n paar produkte.” (Shani beveel aan dat jy jou ID byderhand hou ingeval iemand dit wil nagaan.)

Grimering
“Moenie ’n nuwe grimeervoorkoms op die dag van jou onderhoud probeer nie,” sê sy. Hou jou grimering natuurlik. Maak seker dat jou onderlaag jou gelaatskleur vlei en mooi ingeskakeer is, veral om die kakebeen. Kies neutrale kleure vir jou oë – jou oë moet mooi gedefinieerd en wakker lyk. Dra maskara, lipstiffie en blosser in ’n natuurlike kleur. Sy raai vroue aan om rooi lipstiffie te vermy en eerder koraal en natuurlike pienk of bruin skakerings (sien onder) te kies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Blosser: Lancôme Blush Subtil Palette in 323 Rose Flush. Chanel Radieuse 217 Rouge Allure Lipstick. Sisley Lipstick in Sheer Nude.

Hare
“Jou hare moet netjies en goed versorg lyk maar nie deftig nie – jy is nie op pad na ’n troue toe nie. Lang hare moet blinkskoon wees en verkieslik uit jou gesig,” sê sy.

David Gilson van Carlton Hair het nog haarwenke:
“Droë, kroeserige of beskadigde hare is beslis nie geskik vir ’n onderhoud nie. As jou hare beskadig is, laat dit minstens ’n week voor die tyd sny en behandel. Laat dit sommer ook kleur, want uitgegroeide hare lyk net so onprofessioneel. Dit sal jou selfvertroue goed doen om jou hare op die dag van die onderhoud by ’n salon te laat droogblaas.”

Die regte reuk
The Fragrance Foundation (’n internasionale organisasie vir parfuumkenners) het verskillende geure in ’n onderhoud-situasie getoets. Manlike en vroulike onderhoudvoerders het fyngeure wat te blommerig of te soet is, of te veel muskus bevat, as onvanpas bestempel. Vars, vrugtige of sitrusgeure is die beste vir ’n onderhoud.

 

Probeer dié geure vir ’n onderhoud: Van links DKNY Be Delicious Skin Hydrating EDT. L’Eau De Chloe. Fan di FENDI Eau Fraîche.

In jou handsak

Grimeersakkie van Essence.

Met dié lappies kan jy jou grimering verwyder, ingeval jou maskara of lipstiffie smeer, of jy dalk iets op jou rok mors.
Dirty Works Face Wipes.

Blink jou gesig effens, klad die oortollige olie met ’n Catrice-velletjie: Catrice Cosmetics Mattifying Oil Control Paper.

 

’n Spieëltjie, of ’n poeierdosie met ’n spieëltjie is nuttig sodat jy gou kan kyk of jy nog foutloos lyk (UBU-poeierspieëltjie), asook ’n borsel (Denman Popper Brush) om jou hare te kam, en verbloemstiffie of ekstra onderlaag ingeval ’n karbonkel sy verskyning maak.

Ekstra parfuum of deodorant, veral as jy dalk ver moet reis.

Physician’s Formula Concealer Twins 2-in-1 Correct & Cover Cream Concealer. Links: Nivea Stress-Protect Roll-On.

Om seker te maak jou voorkoms is foutloos, moet jy liefs ’n stelletjie met oogkleure, spieëltjie, maskara en oogomlyner by jou hê.

Justine On The Go Make-Up Collection.

Begin betyds
Vermy versorgingstakies soos waks, selfverbruining en haarkleur die vorige aand. Jy wil nie met ’n bolip met ’n uitslag, bene met bruin vlekke, of ’n haarkleur wat jy verpes, by die onderhoud aankom nie.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: skoonheid

Onlangse plasings

Is jy dalk uitgebrand? Toets jouself

Toets 1 Ek voel emosioneel dood. Dit is asof ek my werk en my kollegas op…

15 hours Gelede

6 oefeninge wat snork stop sit

Ons snork omdat ons keelweefsel pap raak. Spiere wat nie gebruik word nie raak pap…

15 hours Gelede

5 dekorflaters om te vermy

Dit is nie altyd maklik om jou eie huis te versier nie. Ons het gaan…

15 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met André de Villiers oor nuwe seisoen van ‘4×4 Met André’

Maak jou reg vir ’n onvergeetlike Namibiese 4x4-avontuur met die bekende 4x4-spesialis, André de Villiers.…

16 hours Gelede

Marciel groet vanjaar ‘Boer soek ’n vrou’

In ’n eksklusiewe onderhoud met Landbouweekblad het die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Hopkins onthul…

18 hours Gelede

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.