Reneé de Wit, grimeerkunstenaar vir kyknet se skoonheidsprogram, MOOIMAAK gee raad
Weet wat jou gesigvorm is: rond, viekantig, ovaal of hartvormig. Kyk na waar skaduwee natuurlik om jou gesig val, soos in die holtes van jou wange of om jou kakebeen en gebruik ‘n taupe/tan matte (geen-sprankelende verbronsingspoeier) op hierdie dele.
Suig jou wange in en kyk waar die natuurlike skadu val net onder jou wangbene en gebruik ’n kontoer-poeier of ’n skakering of twee donkerder onderlaag of poeier as wat jy normaalweg hier dra.
Gebruik verbronser op jou voorkop rondom jou haarlyn en slape, die dele waar jy gewoonlik donkerder is gedurende somer.
Om jou kontoere te beklemtoon, gebruik poeier of onderlaag een skakeirng ligter as jou normale kleur net onder die holte van jou wange en meng dit baie goed.