Reneé de Wit, grimeerkunstenaar vir kyknet se skoonheidsprogram, MOOIMAAK gee raad
- Weet wat jou gesigvorm is: rond, viekantig, ovaal of hartvormig. Kyk na waar skaduwee natuurlik om jou gesig val, soos in die holtes van jou wange of om jou kakebeen en gebruik ‘n taupe/tan matte (geen-sprankelende verbronsingspoeier) op hierdie dele.
- Suig jou wange in en kyk waar die natuurlike skadu val net onder jou wangbene en gebruik ’n kontoer-poeier of ’n skakering of twee donkerder onderlaag of poeier as wat jy normaalweg hier dra.
- Gebruik verbronser op jou voorkop rondom jou haarlyn en slape, die dele waar jy gewoonlik donkerder is gedurende somer.
- Om jou kontoere te beklemtoon, gebruik poeier of onderlaag een skakeirng ligter as jou normale kleur net onder die holte van jou wange en meng dit baie goed.
Lees ook: Dis tyd vir Mooimaak
#rooiroseweke:
- As jy min tyd het, geruik die donkerder poeier net rondom jou kakebeen.
- Daardie onderlaag wat jy te donker of te lig gekoop het, is ideaal hiervoor.