kategorieë: TrendsMode

7 maniere om luuks te lyk sonder om te veel geld te bestee

7 maniere om luuks te lyk sonder om te veel geld te bestee deur Susra Matthee en Bea Lingenfelder

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Juweelskakerings

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Daar is iets aan juweelkleure wat luuksheid weerspieël. Die diep, donker kleure pas ook by die meeste van ons, veral juweelpers.

As jy weer ’n kledingstuk aankoop, probeer ’n juweelkleur wat jou veltoon vlei – iets wat jou gelaat verhelder en nie vaal of grys laat vertoon nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

#rrWenk: Edelgesteentes in juweelkleure is ook die optimale luuksheid, en let wel: jy hoef ook nie altyd die ware Jakob te koop nie.

Lees ook: Stoor jou klere reg

2 Tekstuur

Om verskillende teksture te meng, soos om sy saam met ’n saggebreide trui en sweedsleer te dra, maak jou uitrusting onmiddellik visueel interessant, met min moeite.

Boonop is die laag-op-laag-tendens steeds groot en die winterweer is die perfekte tyd om daarmee te eksperimenteer.

Lees ook: Vermy hierdie modeglipse

3 Trek jou moue uit

Hierdie tegniek is ’n eenvoudige manier om tekstuur by jou uitrusting te voeg. Jy kan hierdie wenk gebruik wanneer jy ’n baadjie of jas dra.

Al wat jy moet doen is om jou hemp se mouboortjie onder jou baadjiemou uit te trek sodat ’n stuk daarvan uitsteek. Dit voeg ook dimensie by jou uitrusting en trek aandag!

Lees ook: 10 mode-dinge wat jy teen 40 behoort te hê en te weet

4 Rolnektrui

’n Verslankte neklyn en die gebreide tekstuur van rolnektruie het ’n manier om jou dadelik sjiek te laat lyk. Al is jy reeds lank, voel dit steeds of jy ’n paar sentimeters gegroei het wanneer jy daardie polohals dra – hoe langer, hoe beter.

Lees ook: Verleng jou trui se lewe

5 Klassieke denim

Denim steek sy kop oral uit, maar daar is wel paar vereistes om in gedagte te hou wanneer jy ’n luukse voorkoms nastreef.

  • Vermy enigiets wat te veel versierings of skeure het – vir ’n klassieke voorkoms wil jy vir so eenvoudig as moontlik gaan.
  • Maak ook seker jy het een met langer pype vir jou hakskoene en ’n korter pyp wat by jou plat skoene pas. Die lengte van jou jeanpyp maak ’n groot verskil aan jou algehele voorkoms.
  • Laastens is ’n regaf-snit, of ’n subtiele uitklokpyp die klassieker keuses.

Lees ook: 8 wenke vir daardie perfekte denimpaar

Verleng jou swart denim se leeftyd só

6 Natuurlike materiale

Indien jy twyfel, is natuurlike vesel jou beste opsie. Tog is nie alle fyner weefsels noodwendig die beste gehalte nie, maak seker die materiaal is sag, glad en het ’n goeie glans.

Om die veerkragtigheid van sy en breistof te toets, trek aan die materiaal oor die breedte en lengte – die materiaal is nie veronderstel om punterig te trek nie en ’n swakker gehalte materiaal sal vinnig uitrek.

Lees ook: Sorg só vir kasjmierwol

7 Eenvoudige lyne wen. Altyd.

A-lyne, reguit broeke, knopies- en oorvourokke lyk altyd afgerond en netjies. Hoe meer ingewikkeld die ontwerp, hoe groter is die kans dat jy kan verkeerd gaan.

#rrWenk: Onthou, eenvoud beteken nie vervelig nie – dra steeds jou laag-op-laag en jou gemengde teksture, hou egter jou items statig en komplementerend.

Lees ook: Die top-10 wenke om jou figuur te vlei

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

23 hours Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

1 day Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

1 day Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

2 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.