Lyk op jou beste met die African Extracts Advantage-reeks. Inligting en foto’s verskaf deur African Extracts {Promosie}
African Extracts bied jou die natuurlike voordeel van bio-aktiewe rooibosekstrak en plantgebaseerde teenverouderingskomplekse wat jou vel teen omgewing- en leefstylstres beskerm sodat jy op jou beste kan lyk.
- Antioksidantryke bio-aktiewe rooibosekstrak is gemaak van groen ongefermenteerde rooibosblare.
- Dit is bewys dat teenverouderingskomplekse met plantekstrak die vel teen omgewingsbesoedeling beskerm. Dit bevat ginseng, appel, perske, koring, gars, distel, seevinkel, perdekastaiing, bokwietsaad, soja, laventel en groen tee. Hierdie plantekstrakte verhoog vog in die vel en maak dit stywer, fermer en versterk selstrukture.
- Antioksidante vitamien A, C en E.
- Hialuroonsuur, seramied, allantoïen en ligweerkaatsers.
Hoë vlakke van vitamien E, ‘n natuurlike velkondisioneringsmiddel en antioksidant, word ingesluit om die doeltreffendheid van aktiewe sonskermbestanddele te verbeter.
Dit verminder die vorming van vrye radikale weens blootstelling aan UV-strale, bevorder die genesingsproses, versterk die vel se sperfunksie, beskerm die lipiedbalans van die velversperring en verminder trans-epidermale waterverlies.
Vitamien C is ‘n kragtige antioksidant en verbleikingsbestanddeel, met anti-aknee en anti-verouderingseienskappe.
Besoek gerus www.africanextracts.com vir meer inligting. Produkte beskikbaar by Dis-Chem, Clicks en voorste supermarkte.