kategorieë: WenkeSkoonheid

Lyk minder moeg met hierdie 16 skoonheidswenke!

Deur Suzanne Kotzé.  Hooffoto: Unsplash

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lyk minder moeg met hierdie 16 wenke

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Hou ’n teelepel onder jou oë vir ’n paar sekonders om te help met swelling.

2. Sproei jou gesig met ’n voorbereidings- of watersproei om verfris te voel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

3. Meng jou sonroom en onderlaag, so kry jy nie net sonskerm en dekking in een nie, maar ook ’n pragtige glansende voorkoms.

4. ’n Verbloemer vir onder die oë is die wêreld se bes bewaarde geheim, glo die grimeer-guru Bobbi Brown. Wend dit liggies aan met ’n kwassie en meng met jou vingers.

5. As jou vel moeg en afgewend lyk, tik ’n bietjie van jou vogroom aan jou wange en ken nadat jy jou onderlaag aangwend het.

6. Meng jou dagroom met ’n bietjie onderlaag. As die room ligreflekterende deeltjies bevat, is dit ’n bonus!

7. Vinnige wenk: gebruik ’n getinte lipsalf (’n perske-skakering werk goed) op jou lippe en wange vir ’n vars voorkoms.

8. Wenkbroue is deesdae amper belangriker as ooggrimering! Kam jou wenkbroue op en vul dit met veerligte hale in met potlood.

9. Krul jou wimpers, dit laat jou oë oper en varser lyk.

10. Maak seker jy hou jou maskara-borseltjie so na as moontlik aan jou ooglid en wend dit in ’n sig-sag beweging aan.

11. ’n Wit of beenkleurige oogpotlood in jou waterlyn laat jou oë varser en minder rooi lyk.

12. Tik deursigtige poeier aan jou ooglede om ekstra olie te absorbeer en kleur meer eweredig te laat lyk.

13. Wend ’n ligte, neutrale oogskadu aan die binnehoeke van jou oë.

14. Wend maskara liggies aan jou onderste wimpers.

15. Gebruik ’n kwassie om enige “smudges” te meng. So lyk dit ook amper soon oogomlyner onder jou oë.

16. Gebruik sproei wat jou grimering langer laat aanbly. Dit verfris ook jou voorkoms.

Lees ook: Laat jou grimering langer hou

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

4 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

4 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

4 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

4 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

4 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.