Moenie jou kop na agter toe laat kantel nie. Hou jou ken effens gesak en druk dit vorentoe uit – amper soos ’n skilpad s’n. Dit sal help om daardie ongewenste dubbelken weg te steek.
Lag (lag rêrig) voor jy afgeneem word, dit is die beste manier om ’n natuurlike glimlag te kry.
Gebruik gesigpoeier op jou t-sone sodat jou gesig nie te veel op die foto blink nie.
Vergeet van jou mond pruim trek, wys jou tande!
Moenie te veel onderlaag dra nie, dit kan jou gesig 2-dimensioneel laat voorkom.
Skep definisie op jou gesig met kontoer-grimering (beklemtoon jou wangbene) of makliker nog, gebruik ’n tikkie blosser op jou wange vir ’n varser en jonger voorkoms.
Draai effens jou kop vir die foto, dit laat jou sagter en meer ontspanne voorkom.
Maak seker jou oë is gedefinieer, gebruik ’n oogomlyner of maskara om oë te beklemtoon om te verhoed dat jou oë “wegblaas” wanneer die foto geneem word.
Moenie van lipstiffie vergeet nie, onthou ’n helder skakering soos rooi (met ‘n blou ondertoon) sal ook jou tande baie wit laat lyk.
Vertel ons wat dit is wat jul verhouding so spesiaal maak en julle het ’n kans om ’n oormaak- en fotosessie deur Willem BothaWillem Botha Beauty , ’n uitrusting vir elkeen deur Diaan Daniels Couture , ’n skildery (250 x 300 mm) vir elk van Portchie en ’n geskenkpak van Oscar de la Renta te wen. Jul fotosessie sal ook in ’n uitgawe van rooi rose verskyn!
Wat moet julle doen?
Stuur ’n foto van julle twee saam, beantwoord ’n paar vrae en betaal ’n inskrywingsbedrag van R100. Betaalopsie op die webwerf beskikbaar.