kategorieë: InspirasieJou lewe

Ly jy ook aan nostalgie?

Ly jy ook aan nostalgie? deur Mariette Snyman. Foto Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Herinneringe wat jou nostalgies stem, verskil van mens tot mens. Soms is dit die onthou van ’n oorwegend positiewe ervaring, soos jou gradeplegtigheid of die dag toe jy ’n langbegeerde item met jou eie spaargeld aangeskaf het. Ander kere is die herinnering bittersoet: die blondekopkleuter in jou arms wat nou ’n onafhanklike jong man is en op ’n ander kontinent werk, of gesellige kuiers in die skaduryke tuin van ’n huis waar jy lankal nie meer woon nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Is dit goed vir jou om toe te laat dat hierdie toneeltjies jou emosies oorspoel?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Foto: pexels

Sleg vir jou …

“Ons word dikwels gewaarsku om nie te veel op die verlede te fokus nie”, skryf Daniel H. Pink in When: the scientific secrets of perfect timing (Canongate, 2018). Om die waarheid te sê is nostalgie eens op ’n tyd as ’n patologie beskou – ’n siektetoestand wat jou aandag van jou huidige fokus en doelstellings weglei.

  • In die 17e en 18e eeue het geleerdes geglo nostalgie is ’n fisieke siektetoestand – “a cerebral disease of essentially demonic cause”. Party van dié slim mense het gereken nostalgie word deur veranderinge in atmosferiese druk of “’n oormaat swart gal in die bloed” veroorsaak.
  • Teen die 19e eeu is hierdie oortuigings laat vaar, maar nostalgie is steeds as ’n afwyking gesien. Geleerdes en dokters het geglo dis ’n geestelike disfunksie, ’n psigiatriese stoornis wat met psigose, kompulsie en Oedipus-smagting (Oedipal yearning) verband gehou het.

Foto: pexels

Of goed?

Gelukkig vir die gewoontedagdromers onder ons word nostalgie vandag in ’n positiewer lig beskou. Navorsers soos Constantine Sedikides, ’n sielkundige verbonde aan die Universiteit van Southampton, noem dit nie ’n afwyking nie, maar ’n hulpbron “wat tot gemoedstabiliteit bydra.”

Nostalgie help ons om onsself beter te begryp: dis soos ’n venster op die ware self, op wie ons werklik is.

Navorsingstudies wys nostalgie kan

  • ’n positiewe bui aanhelp
  • ons teen angs en spanning help beskerm
  • kreatiwiteit ’n hupstoot gee
  • optimisme verhoog
  • empatie verdiep
  • verveling verlig
  • betekenis aan ons bestaan verleen
  • ons verbintenis met ander bevestig.

Lees ook: Hoe gedrukte foto’s jou kind se eiewaarde bevestig

Foto: pexels

As jy mooi daaroor dink, beteken nostalgie dikwels dat ons onsself as die protagonis in ’n belangrike gebeurtenis soos ’n huweliksviering onthou, waar die mense vir wie ons die meeste omgee saam met ons betrokke was. Dit herinner ons dat ons “behoort” of – as omstandighede baie verander het – op daardie tydstip ervaar het hoe dit voel om iewers in te pas.

Op kouer dae is ons meer geneig om nostalgies te voel

Navorsingsresultate wys nostalgie kan selfs ons fisieke belewenis van temperatuur beïnvloed:

  • op kouer dae is ons meer geneig om nostalgies te voel
  • wanneer nostalgie tydens eksperimente deur musiek of geure gewek is, het die toetspersone koue beter hanteer en die temperatuur hoër geskat as wat dit was.

As die behoefte jou pak om deur fotoalbums te blaai, jou kombuis met die geur van jou ouma se bredie of beskuit te vul, jou oorlede pa se gunstelingtrui teen jou gesig te druk, of sommer net in ’n sonkolletjie te gaan sit en dink oor waar jy vandaan kom en wat jy alles ervaar het, kan jy jouself  herinner dat jy die wetenskap se stempel van goedkeuring het.

Gaan sommer ’n stap verder en reël ’n onthousessie met iemand wat jou herinneringe deel – dit sal julle albei goed doen!

Lees ook: Ons lekker onthoukos-resepte

Nostalgiese spyskaart

Nostalgiese hoenderpastei

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

2 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

7 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

9 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

9 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

9 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.