kategorieë: WenkeSkoonheid

Luuksheid in ’n bottel

Luuksheid in ’n bottel. Deur Leandri de Kock.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Leandri de Kock het met Steyn Grobler oor sy parfuumreeks, sy inspirasie en die keuse van parfuum gesels.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat was die inspirasie vir die stigting van Aqualis?

Dit is twee woorde wat saamgesmelt is, naamlik Aqua en Qualis. Dit vorm die grondslag waarop die handelsmerk gegrond is. Aqua is ’n belofte om altyd die beste gehalte-bestanddele te gebruik. Die parfuumreeks is ook in die hoogste konsentrasie moontlik gemaak. ’n Aqualis-parfuum sal dus altyd gehaltebestanddele teen hoë konsentrasies hê, wat die hele dag (of nag!) sal hou. Qualis, aan die ander kant, is Latyns vir “hoe iets jou laat voel”. Ek was nog altyd deur my loopbaan geïnteresseerd in hoe verskillende mense op verskillende geure reageer. Hulle reaksie is op hul eie reukgeheue en kultuur gegrond, en verskil regoor die wêreld. Dit is selfs uniek aan elke mens.  Aqualis is dus ’n viering van die unieke oogpunt van elke individu en vra die vraag: “Hoe laat die parfuum jou voel?”

Ons weet elke parfuum is deur plekke en herinneringe met ’n Suid-Afrikaanse invloed geïnspireer. Hoe het jy die name gekies?

Ek het Suid-Afrikaanse plekke gebruik wat iets vir my beteken. Byvoorbeeld, Kruger was my ouma se oupa. My ma is van die Kalahari en ek het baie tyd tydens my kinderjare daar bestee. Namakwaland (Namaqualand) se blomme blom altyd rondom die tyd van my verjaardag en Brenton is die plek waar my ouers nou bly en is een van my gunstelingplekke op aarde.

Watter parfuum is jou gunsteling, en hoekom?

Persoonlik gebruik ek Utopia. Utopia is ‘n baie unieke gourmand-parfuum wat reg deur die jaar gebruik kan word. Dit is vars vir die somer- en lentemaande, maar ook terselfdertyd gee dit daai knus gevoel vir die herfs- en wintermaande.

Hoe moet ’n mens ’n parfuum kies ?

  • Die beste wenk is om dit nie af te jaag nie. Moet nooit ’n parfuum van ’n blotter af koop nie. Probeer die parfuums op ’n blotter in die winkel en kies dan twee waarvan jy die meeste hou. Probeer dan een op elke arm en vergelyk hulle vir ’n hele dag.
  • Parfuum ruik uniek op elke vel en dus sal iets wat op ’n blotter lekker ruik, nie noodwendig lekker by jou ruik nie.
  • As jy die parfuum aangespuit het, ruik kort-kort daaraan. Jy sal ná die eerste 15 minute ‘n baie goeie idee hê of jy daarvan sal hou. Die topnote sal dan al verdamp het, en die parfuum sal al taamlik stabiel wees.
  • As jy die parfuum die heeldag dra, kan jy ook die gehalte van die bestanddele maklik bepaal en sien hoe lank dit hou. Ek sou sê hoe duurder die parfuum, hoe belangriker word dit om behoorlik jou tyd te neem en te kyk hoe dit op jou vel werk.
  • As jy nie van die twee op jou vel hou nie, gaan terug en probeer nog opsies totdat jy die regte een vind. Probeer is die beste geweer.

Wat was jou eerste reukherinnering?

My ma het altyd baie parfuum gedra, so een van my eerste herinnerings is my ma wat voor die spieëlkas regmaak vir die dag en Christian Dior Dolce Vita aanspuit, terwyl sy met haarself praat. Dis iets waarvoor ek gelag het toe ek klein was, maar lyk my ek het dieselfde gene geërf. As ek die parfuum op ander mense in die straat ruik, laat dit my dadelik aan my ma dink.

Watter reuke assosieer jy met partytjies en feesviering?

Vanielje laat my altyd aan my ma se sjokoladekoek in die oond en partytjies as ’n kind dink. Die reuk van vuurwerke wat pas afgevuur is, is ’n baie eienaardige reuk, maar sit ’n mens onmiddellik in ’n feestelike bui.

Besoek Skins Cosmetics vir meer inligting.

Foto’s: Jonnie Craig, Verskaf.

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

1 hour Gelede

Villa Rosa-ster nou in Suidooster: ‘Die poppe gaan dans…’

Die aktrise Elsje Slabbert, alom bekend vir haar rol as Carina Rautenbach in die destydse…

4 hours Gelede

Ons 6 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek

Bak vir ’n slag die heerlikste sjokoladekoek! Hier is ons 5 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek.

5 hours Gelede

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

24 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

24 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.