Luukse vispastei
Ingredients
- 750 ml (3 k) melk
- 5 heel swartpeperkorrels
- 1 ui
- 2 lourierblare
- 600 g witvis, sonder vel
- 300 g skelvis (haddock) sonder vel
- 200 g gaar mossels
- 75 g botter
- 1 ui, fyn gekap
- 2 knoffelhuisies, gekneus
- 75 g meel
- 250 ml (1 k) room
- sout en gemaalde swartpeper
- ’n groot hand vol pietersielie, gekap
Instructions
KORS
125 g botter
2 knoffelhuisies, middeldeur gesny
1 Franse brood in 5 mm-snytjies gesny
1 Verhit die melk, swartpeper, ui en lourierblaar tot dit net begin borrel.
2 Draai die hitte laer en sit die visstukke in die melk. Prut vir 8 min.
3 Skep die mossels uit die skulp en sit by die vis.
4 Skep die vis uit die melkmengsel en hou eenkant.
5 Gooi die melkmengsel deur ’n sif, gooi die geurmiddels weg en hou die melk eenkant.
6 Braai die ui en knoffel in die gesmelte botter tot sag. Strooi die meel oor en braai vir 1 min.
7 Roer die melkmengsel stadig by tot glad. Gooi die room by en kook vir 4-5 min. tot verdik.
8 Geur met sout en peper.
9 Skep die vis terug in die vissous en strooi diepietersielie oor
10 Skep in ’n 20 cm x 25 cm-oondbak en laat afkoel.
11 Verhit die oond tot 200 °C.
12 Maak intussen die kors: Voeg die knoffel by die botter en laat oor lae hitte smelt.
13 Doop elke broodjie in die knoffelbotter en pak die skyfies oorvleuelend op die vispastei.
14 Bak die pastei vir 20-30 min. in ’n voorverhitte oond tot die broodjies bo-op goudbruin is.