1 Smelt die sjokolade oor ’n dubbelkoker terwyl jy deurentyd roer. 2 Voer ’n bakplaat van 23 cm x 33 cm met kleefwerende bakpapier uit, bedek ook die kante. Spuit dit liggies met kleefwerende kossproei. 3 Gooi die gesmelte sjokolade op die bakplaat en skud liggies om die sjokolade eweredig te laat versprei. 4 Strooi die res van die bestanddele eweredig oor die sjokolade en laat staan vir 3-4 uur of oornag by kamertemperatuur om te set. 5 Keer die sjokolade versigtig uit en sny in stafies. Dit sal in ’n digsluitende houer vir tot twee weke in die yskas hou - as jy dit diep genoeg kan wegsteek!