1 Meng die broodmeel, louwarm water, kitsgis en sout in ’n mengbak, knie die deeg vir 8-10 min. of tot sag en elasties. Maak die bak met kleefplastiek toe en laat rus vir ’n uur, of tot die deeg in grootte verdubbel het. 2 Voorverhit die oond tot 200 °C. Voorverhit ’n groot bakplaat. 3 Rol die deeg in ’n groot reghoek uit tot 5 mm dik. Sit die deeg op die voorverhitte bakplaat en bak vir 10 min. of tot halfgaar. Haal uit en hou eenkant. 4 Verhit 10 ml olyfolie in ’n pan oor matige hitte. Braai die ui en knoffel vir 5 min. of tot sag. 5 Voeg die tamatiepassata by en bring tot kookpunt, verlaag die hitte en prut vir 5 min. 6 Smeer die tamatiesous oor die halfgaar-pizzadeeg. Pak die mossels, garnaal en vis oor die hele pizza uit. Pak die mozzarella-lappies oral om die seekos op die pizza. 7 Meng die oorblywende 45 ml olyfolie, brandrissies, knoffel en pietersielie en sprinkel die geurige olyfolie oor die pizza. Bak vir 15-20 min. of tot goudkleurig en gaar. 8 Sit met vars basiliekruid voor.