Luukse garnaal en rysslaai deur Vickie de Beer. Bygestaan deur Lichelle May en Inemarie Rabie. Foto’s deur Lee Schwagele van www.crphotogrpahic.co.za
Luukse garnaal en rysslaai
Serves: 8
Cooking Time:
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Vir die slaaisous
- 10 ml (2 t) gerasperde gemmer
- 10 ml (2 t) fyn gekapte knoffel
- 1 brandrissie, gekap
- 15 ml (1 e) sojasous
- 15 ml (1 e) heuning
- 30 ml (2 e) lemmetjiesap
- 30 ml (2 e) olyfolie
- Vir die slaai
- 500 g gaar Spekko Royal Umbrella Jasmynrys
- 16 garnale, skoon- en gaargemaak
- 1 mango, geskil en in blokkies gesny
- 1 klein papaya, geskil en in blokkies gesny
- 1 pynappel, geskil en in blokkies gesny
- 1 komkommer, in blokkies gesny
- 2 sprietuie, fyngekap
- 2 groot hande vol koljanderblare, ruweg gekap
- 100 g grondboontjies, gerooster
Instructions
- Vir die slaaisous, meng al die bestandele saam en geur na smaak.
- Plaas die rys in ’n slaaibak, meng die mango, papaya, pynappel, komkommer, sprietuie, koljander en grondboontjies deur die rys, rangskik die garnale, bo-op. Giet die slaaisous oor net voor opdiening.
Catherine Schenck
Lees Meer
Die lekkerste botterbroodjies (skons)
21/01/2025
5 vinnige visresepte vir aandete
20/01/2025