• 350 g (2½ k) murgpampoentjies, ruweg gerasper, sprinkel
’n bietjie sout oor en laat vir 30 min. dreineer.
• 15 g (½ k) vars kruisement, ruweg gekap
• 10 g (¼ k) vars dille, ruweg gekap
• 10 g (¼ k) vars Italiaanse basiliekruid, ruweg gekap
• gerasperde skil van 1 suurlemoen
• ’n skyf (sowat 100 g) fetakaas, gekrummel
Ontbytbord
• 250 g liggies gerookte forel
• 125 ml (½ k) roomkaas
• 12 aspersies, blitsig gekook in borrelende kookwater en dadelik in yswater afgekoel.
• 4 eiers, vir 5 min. gekook en afgedop
• 30 ml (2 e) kappertjiesaad
• 1 avokado, geskil en in skyfies gesny, geur met sout en sprinkel suurlemoensap oor.
Instructions
Murgpampoentjie-poffertjies
1 Meng die koekmeel, bakpoeier, suiker en sout in ’n groot mengbak. 2 Klits die eier, melk en olyfolie in ’n ander mengbak of maatbeker. 3 Meng die vloeistof met ’n draadklitser by die meelmengsel in tot ’n gladde deeg vorm. 4 Geur met sout en swartpeper. 5 Roer die gerasperde murgpampoentjies, gekapte kruie, suurlemoenskil en die fetakaas by. 6 Verhit die ekstra olyfolie in ’n groot pan oor matige hitte en skep lepels vol van die beslag in die verhitte pan. 7 Braai aan weerskante tot goudbruin en deurgaar.
Ontbytbord
1 Pak al die bestanddele en die poffertjies op ’n mooi opdienbord uit.