Luukse forel-ontbytbord deur Vickie de Beer, bygestaan deur Martjie Malan. Foto: Lindy Kriek
Luukse forel-ontbytbord
Serves: 4-6
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Murgpampoentjie-poffertjies
- Genoeg vir 20-24 poffertjies
- • 150 g (½ k) koekmeel
- • 10 ml (2 t) bakpoeier
- • 10 ml (2 t) suiker
- • 5 ml (1 t) sout
- • 1 eier
- • 250 ml (1 k) melk
- • 10 ml (2 t) olyfolie, plus ekstra om mee te bak
- • 5 ml (1 t) gemaalde swartpeper
- • 350 g (2½ k) murgpampoentjies, ruweg gerasper, sprinkel
- ’n bietjie sout oor en laat vir 30 min. dreineer.
- • 15 g (½ k) vars kruisement, ruweg gekap
- • 10 g (¼ k) vars dille, ruweg gekap
- • 10 g (¼ k) vars Italiaanse basiliekruid, ruweg gekap
- • gerasperde skil van 1 suurlemoen
- • ’n skyf (sowat 100 g) fetakaas, gekrummel
- Ontbytbord
- • 250 g liggies gerookte forel
- • 125 ml (½ k) roomkaas
- • 12 aspersies, blitsig gekook in borrelende kookwater en dadelik in yswater afgekoel.
- • 4 eiers, vir 5 min. gekook en afgedop
- • 30 ml (2 e) kappertjiesaad
- • 1 avokado, geskil en in skyfies gesny, geur met sout en sprinkel suurlemoensap oor.
Instructions
Murgpampoentjie-poffertjies
1 Meng die koekmeel, bakpoeier, suiker en sout in ’n groot mengbak.
2 Klits die eier, melk en olyfolie in ’n ander mengbak of maatbeker.
3 Meng die vloeistof met ’n draadklitser by die meelmengsel in tot ’n gladde deeg vorm.
4 Geur met sout en swartpeper.
5 Roer die gerasperde murgpampoentjies, gekapte kruie, suurlemoenskil en die fetakaas by.
6 Verhit die ekstra olyfolie in ’n groot pan oor matige hitte en skep lepels vol van die beslag in die verhitte pan.
7 Braai aan weerskante tot goudbruin en deurgaar.
Ontbytbord
1 Pak al die bestanddele en die poffertjies op ’n mooi opdienbord uit.
Catherine Schenck