hand vol pietersielie, tiemie, roosmaryn en grasuie gekap
sout en swartpeper
1 ciabatta, oopgesny (ons het ’n olyf-ciabatta gebruik)
1 camembertkaas, in dun skyfies gesny
15 ml (1 e) olyfolie
Instructions
Voorverhit die oond tot 200 °C. 1 Meng die botter, knoffel en kruie en geur met sout en peper. Hou eenkant. 2 Sny die ciabatta in 3 cm-snye, maar moenie regdeur sny nie. 3 Smeer die kruiebotter aan albei kante van die snye. 4 Sit ’n skyfie camembert tussen elke snytjie. 5 Draai die brood in foelie toe. Sit op ’n bakplaat en bak vir 20 min. of tot deurwarm. 6 Haal uit en maak net die bokant van die brood oop. Sprinkel die olyfolie oor en sit vir 5-10 min. terug in die oond om krakerig en goudbruin te word.