Genoeg vir 4
Luukse ciabatta-knoffelbrood
Serves: 4
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 80 ml (1⁄3 k) sagte botter
- 6 knoffelhuisies, gekneus
- hand vol pietersielie, tiemie, roosmaryn en grasuie gekap
- sout en swartpeper
- 1 ciabatta, oopgesny (ons het ’n olyf-ciabatta gebruik)
- 1 camembertkaas, in dun skyfies gesny
- 15 ml (1 e) olyfolie
Instructions
Voorverhit die oond tot 200 °C.
1 Meng die botter, knoffel en kruie en geur met sout en peper. Hou eenkant.
2 Sny die ciabatta in 3 cm-snye, maar moenie regdeur sny nie.
3 Smeer die kruiebotter aan albei kante van die snye.
4 Sit ’n skyfie camembert tussen elke snytjie.
5 Draai die brood in foelie toe. Sit op ’n bakplaat en bak vir 20 min. of tot deurwarm.
6 Haal uit en maak net die bokant van die brood oop. Sprinkel die olyfolie oor en sit vir 5-10 min. terug in die oond om krakerig en goudbruin te word.
Michelle Nortje
Lees Meer
Fantastiese aartappelbrood
01/12/2024
Laesout saadjiebrood
11/11/2024