genoeg vir 4
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }• 250 g pancetta
• 500 g vermicelli
• 4 eiers
• 180 ml room
• 2 knoffelhuisies, fyn gekap
• 30 ml (2 e) truffelolie
• 100 g parmesaankaas, gerasper
1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Pak die pancetta op ’n bakplaat en bak vir 7-8 min. of tot bros en goudkleurig. Haal uit en hou eenkant.
2 Kook die pasta vir 8 min. of tot al dente in ’n groot kastrol vol gesoute kookwater. Dreineer die pasta maar hou 125 ml van die pastawater in die kastrol. Hou die pasta eenkant.
3 Klits die eiers en room in ’n maatbeker en geur met sout en swartpeper.
4 Sit die knoffel, pasta, truffelolie en eiermengsel in die kastrol met die pastawater. Roer deurentyd oor lae hitte totdat die sous verdik. Geur met sout en swartpeper.
5 Sit voor met die bros pancetta en parmesaankaas.
Hier is 'n paar stappe om jou snyplank behoorlik skoon te maak: Was jou…
Met die griepseisoen net om die draai (April/Junie tot Augustus/September), is dit belangrik om die…
Genoeg vir 8 viskoekies Bestanddele Viskoekies: 500 g gevriesde stokvis olyfolie om mee…
Dié ongewilde karakter is die bombastiese redakteur en trendsetter, Amore Meyer, wat nou die een…
In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…
Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.