Luukse aartappel-en-patat-gebak deur Vickie de Beer, bygestaan deur Gillionelle Kaba. Foto’s deur Lee Schwagele van crphotography.co.za
Luukse aartappel-en-patat-gebak
Serves: 6
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 1 kg groot aartappels
- 1 kg patats
- Bruinbotter
- 100 g botter
- 20 vars salieblare
- sout
Instructions
1 Voorverhit die oond tot 200 °C.
2 Skil die aartappels en patats en sit in ’n bak met koue water. Sny die groente met ’n baie skerp mes of mandolien in papierdun sirkels.
3 Pak die patat- en aartappelringe om die beurt in ’n oondvaste bak.
4 Maak die bruinbotter: Smelt die botter saam met die salieblare in ’n klein kastrol tot dit karamelliseer en aan die bokant skuimerig word. Trek van die hitte af. Skep die skuim af. Smeer die bruinbotter oor die aartappels en patats.
5 Bak vir 1 uur tot goudkleurig en gaar. Sprinkel die orige bruinbotter-en-salie oor die gereg en sit warm voor.
Catherine Schenck
Lees Meer
5 vinnige visresepte vir aandete
20/01/2025
Dadelkoek
16/01/2025