kategorieë: ReisOntspanning

Lus vir die laeveld? Vlieg ʼn slag!

Lus vir die laeveld? Vlieg ʼn slag! Versorg deur Mariette Snyman. Foto’s Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die verlange na die visarend se roep, Grootoor se geluidlose voetval, of die getjank van ’n jakkals in die stilte van die nag kan jou onverwags oorval. Jy kry al die reuk van die braaivleisvuur, en sien hoe die Suiderkruis skuins bo jou kantel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Maak jou planne, pak jou tas, en wees bly dat jy nie ure op die grootpad hoef deur te bring nie!

Lees ook: Die 8 beste pakwenke vir jou vakansie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lughawens in die laeveld

1 Die Kruger Mpumalanga International Airport (KMIA) lê net buite die provinsie se hoofstad, Mbombela/Nelspruit. Die terminaalgebou met sy Afrika-voorkoms is in 2002 in gebruik geneem en is die wêreld se grootste grasdaklughawegebou. Die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe is die provinsie se enigste internasionale lughawe en bied volle doeane- en immigrasiefasiliteite.

Daar is daaglikse Airlink-vlugte van en na Johannesburg, Kaapstad en Durban.

Vir gaste op soek na ’n bos-en-strandervaring bied Airlink ook drie weeklikse vlugte na Vilankulos aan die Mosambiekse kus, en vyf weeklikse vlugte na Livingstone aan die Zambiese kant van die Viktoriavalle.

Vir besoekers met hul visier op Mpumalanga se welbekende wildreservate, bied die lughawe ’n verskeidenheid motorhuurmaatskappye, pendelvlugte en pendelvervoerdienste.

Lees ook: Eet en drink só wanneer jy vlieg

2 Skukuza, die hoofkwartier van die Kruger Nasionale Park, het sy eie lughawe met daaglikse vlugte vanaf Johannesburg en Kaapstad. Die lughawe spog met ’n nuwe baadjie gekry – in tipiese safaristyl – en is in 2014 vir kommersiële vlugte heropen. Airlink se Lodge Link Cessna Caravans sluit soomloos by vlugte van en na Johannesburg en Kaapstad aan, en besorg passasiers binne ’n uur by die lodge van hul keuse. Daar is ook motorhuurfasiliteite en pendeldienste beskikbaar.

Lees ook: Maak die meeste van jou vakansiedae in 2019

3 Eastgate Lughawe buite Hoedspruit is ’n klein, burgerlike terminaal in die bos aan die voet van die massiewe Hoedspruit Lugmagbasis. Die basis se aanloopbaan is so lank dat dit al as ’n noodlandingsopsie vir die VSA se pendeltuigprogram (space shuttle programme) kon funksioneer!

Daagliks geskeduleerde vlugte van Johannesburg en Kaapstad land en styg rondom die middel van die dag op, wat verseker dat besoekers nie ’n oggend- of middagwildrit mis nie. Dis nie ongewoon dat gaste met oop safarivoertuie by die lughawe opgelaai word en binne minute nadat hulle weggetrek het al hul eerste wildbesigtings-ervaring het nie.

Sommige privaat lodges bied pendelvlugte vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe, sodat besoekers direk van hul internasionale vlugte aan boord kan gaan en binne ’n paar uur op ’ bosveldlandingstrook kan grondvat, slegs ’n paar minute vanaf hul luukse akkommodasie.

Lees ook: Reis só met jou baba

Ander lekkertes

Lugvaartliefhebbers moenie die jaarlikse Laeveldse Lugskou misloop nie. Vanjaar se lugskou vind op 11 Mei 2019 by die Nelspruitse Aerodrome plaas. ’n Verskeidenheid van Suid-Afrika se topspanne is hier te sien, onder meer die Suid-Afrikaanse Lugmag se elite Silwer Valke en ons plaaslike helde, die Working on Fire spanne, wat hul brandblusvaardighede sal demonstreer.

In die winter is Barberton ideaal vir valskermsweef (paragliding). Die dorp bied jaarlikse kompetisies en soms selfs internasionale kompetisies.

Vir die avontuurlike besoeker bied Mpumalanga mikrovliegtuigritte in die skilderagtige Sabieriviervallei vanaf Hazyview. Daar is ook helikopter-ritte deur die Blyderivier-diepkloof met ’n piekniek op die platorand. Mariepskop naby Hoedspruit is die tuiste van warmlugballonritte oor die beeldskone omgewing.

Lees ook: 6 maniere om gemakliker te reis

Meer inligting

Airlink : www.flyairlink.com

Federal Airlines: www.fedair.com

Kruger Mpumalanga International Airport : www.kmiairport.co.za

Skukuza Airport : www.skukuzaairport.com

Eastgate Airport : www.eastgateairport.co.za

Mpumalanga Helicopter Company: www.seasonsinafrica.com/adventure-activities-in-south-africa/lowveld-activities/mpumalanga-helicopter/

Cesszani Aviation : www.cesszani.co.za

Aviation Adventures, Hazyview – +27(0)833105293

Suncatchers Hot Air Balloon : www.suncatchers.co.za

Bron: Mpumalanga Media Liaison Group

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

24 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

1 day Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

1 day Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

1 day Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.