kategorieë: Ons menseBekendes

Lupita Nyong’o in nuwe Trevor Noah-fliek

Deur Catherine Schenck. Hooffoto Twitter

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die Suid-Afrikaanse komediant Trevor Noah, wat tans die aanbieder is van die gewilde The Daily Show in die VSA, se outobiografie, Born A Crime: Stories from a South African Childhood, gaan verwerk word vir film. Die boek het verskeie toekennings ontvang en daar is sprake van ’n opvolg …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook oor Trevor Noah se toekenning vir sy werk by The Daily Show

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die Oscar-bekroonde aktrise Lupita Nyong’o het pas aangekondig dat sy nie net hierdie filmverwerking gaan vervaardig nie, maar dat sy ook die rol van Noah se ma, Patricia, sal speel. In haar aankondiging op sosiale media noem die Kenyaans-gebore Nyong’o dat sy “die boek nie kon neersit nie,” en dat sy baie opgewonde is om beide in ’n vervaardigings- en vertolkingsrol deel te wees hiervan. Noah, wat gereeld verwys na sy ma as sy inspirasie en as die persoon wat die belangrikste rol in sy lewe speel, het op haar twiet gereageer met, “Ek’s in die hemel!”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Daarna het Noah self op sosiale media die volgende gedeel: “My ma is ’n sterk vrou wat maklik self een van die pragtige soldate van Wakanda kon wees.” (Verwysend na die Marvel-film Black Panther, waarin Nyong’o die rol van ’n soldaat van die koninkryk Wakanda vertolk). “So dit is meer as perfek dat sy op die grootskerm uitgebeeld sal word deur die koninklike en stralende Lupita Nyong’o. Ek is verby opgewonde.”

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Egskeiding hoef jou nie te breek nie: 10 wenke

Egskeiding is nie die einde van die wêreld nie. Jy hoef nie te krepeer nie…

6 hours Gelede

Ken jou wegsleepregte

Ken jou wegsleepregte deur: Anet Schoeman.    Om langs die pad gestrand te wees weens…

7 hours Gelede

Griekse hoender-en-rys-gebak

’n Liplekker aandete - Griekse hoender-en-rys-gebak. Die dis kry broccoli en fetakaas in vir ekstra…

7 hours Gelede

Bekroonde akteur Chumani Pan vertolk rol van prins in ‘Diepe Waters’

kykNET is trots om die terugkeer van die bekroonde akteur Chumani Pan na die kanaal…

7 hours Gelede

Badpret: gee jou baba ’n voorsprong!

Het jy geweet teen die ouderdom van drie is 85% van jou kleinding se brein…

8 hours Gelede

Nuwe tydperkfliek ‘On Swift Horses’ stel die vraag: Wat is liefde?

Deur Margaret Gardiner  Liefde is iets waarna ons soek. Vele goeie boeke, flieks en liedjies…

12 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.