Deur Catherine Schenck. Hooffoto Twitter
Die Suid-Afrikaanse komediant Trevor Noah, wat tans die aanbieder is van die gewilde The Daily Show in die VSA, se outobiografie, Born A Crime: Stories from a South African Childhood, gaan verwerk word vir film. Die boek het verskeie toekennings ontvang en daar is sprake van ’n opvolg …
Lees ook oor Trevor Noah se toekenning vir sy werk by The Daily Show
Die Oscar-bekroonde aktrise Lupita Nyong’o het pas aangekondig dat sy nie net hierdie filmverwerking gaan vervaardig nie, maar dat sy ook die rol van Noah se ma, Patricia, sal speel. In haar aankondiging op sosiale media noem die Kenyaans-gebore Nyong’o dat sy “die boek nie kon neersit nie,” en dat sy baie opgewonde is om beide in ’n vervaardigings- en vertolkingsrol deel te wees hiervan. Noah, wat gereeld verwys na sy ma as sy inspirasie en as die persoon wat die belangrikste rol in sy lewe speel, het op haar twiet gereageer met, “Ek’s in die hemel!”
When I read @Trevornoah‘s “Born A Crime,” I could not put the book down. Excited to announce that I will be starring in and producing its feature film adaptation! #BornACrimehttps://t.co/v4AfGe23P5 pic.twitter.com/QvrsETIEAc
— Lupita Nyong’o (@Lupita_Nyongo) February 21, 2018
I’m in heaven! https://t.co/wLK81WsIoo
— Trevor Noah (@Trevornoah) February 22, 2018
Daarna het Noah self op sosiale media die volgende gedeel: “My ma is ’n sterk vrou wat maklik self een van die pragtige soldate van Wakanda kon wees.” (Verwysend na die Marvel-film Black Panther, waarin Nyong’o die rol van ’n soldaat van die koninkryk Wakanda vertolk). “So dit is meer as perfek dat sy op die grootskerm uitgebeeld sal word deur die koninklike en stralende Lupita Nyong’o. Ek is verby opgewonde.”
https://www.instagram.com/p/Bfe1Aoxncrp/?hl=en&taken-by=trevornoah
Lees hier oor die keer toe Trevor Noah en Charlize Theron saam in die Kaap gekuier het