Luke Dale Roberts open Europese styl salon in Kaapstad

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Anders as by soveel ander restaurante, word gaste nie met ’n glas vonkelwyn verwelkom nie, maar eerder met ’n interessante skemerkelkie, wat in fyn glas bedien word. Die stylvolle dekor en privaat eethoekies is die ideale plek om met vriende te kuier, of in die groter restaurantgedeelte met ander te sosialiseer of by die kroegtoonbank te kuier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die Pomelo Martini is ’n heerlike verwelkomingsdrankie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Ek wou van die begin af hê die gevoel van hierdie nuwe restaurant moet op die konsep van ’n tradisionele Europese salon wees – ’n ruimte wat net soveel fokus op die kos as die drankies en die mense rondom jou.”

Vir die regte estetika, het Luke hom weer na Maurice Paliaga, ontwerper en ’n jarelange dekor-medewerker, gewend. Maurice het kontemporêre elemente met kleure en teksture gekontrasteer, wat aanklank vind by beide die erfenis van die historiese gebou en die tradisionele salon-konsep.

Gaste kan by die kroegtoonbank sit en die bedrywighede van daar geniet.
Die keurige dekor is só ingespan om ’n tradisionele Europese salon gevoel te gee.

Gaste arriveer via hysbak by SALON deur ’n heldergoue portaal, wat dan lei na ’n meer tradisionele salonruimte van vloere in die Victoriaanse styl en bistrotafels met klassieke marmer.

Die indrukwekkende goue portaal waardeur gaste arriveer.
Die restaurant is opgedeel in verskeie kuier-opsies, sodat gaste in salon-styl by oop bankies kan kuier en deel van die groter restaurant kan wees.

“Die ‘Dark Room’-ervaring was vir my destyds die hoogtepunt van The Test Kitchen, so ek het besluit om dit hier by SALON weer te herskep,” sê Luke. “Op ‘The Journey’-spyskaart het ek elke land waarin ek gewerk het geneem en ’n kenmerkende gereg uit daardie land se kulinêre erfenis geskep. Ek wou regtig hê hierdie spyskaart moet klein, gefokus en interaktief wees. Ek wil hê mense moet saamgaan op ’n reis, wat regtig my evolusie en invloede as ’n sjef wys.”

Deel van daardie reis was die ontwikkeling en samewerking met talentvolle mense, en Carla Schulze, hoof-ontwikkeling sjef, het saam met Luke gewerk om die spyskaart te skep. “Al was sy meestal agter die skerms, was Carla werklik instrumenteel om hierdie ervaring te skep.”

Vir privaatheid, kan gaste een van die versonke klein eetplekkies bespreek, waar ses of agt gaste lekker kan kuier.

Gaste kon met die openingsgeleentheid hul skemerkelkies sosiaal verkeer, voor almal na hul tafels geneem is. Die eerste gereg vir die dag was veerligte varkkaiings met Guinness-skuim wat met ’n bier bedien is. Dis ’n ode aan sy tyd en herkoms uit Engeland. Die gereg was ook ’n gunsteling in Dark Room en die enigste gereg van die oorspronklike Dark Room-spyskaart. Al die ander disse is nuut.

Een van die ander gunstelinge aan ons tafel was die veerligte varkkaiings met Guinness-skuim wat met ’n bier bedien is.
Die Bief “Kalbi” van Korea met beeshaas, kastaiing en shitakerys, mirretee, ssamjang, kimchi en ponzu wat met Sake Daiginjo YK35 bedien is.

Die spyskaart het daarna bestaan uit Sondag se roostermaal wat ook ’n huldeblyk aan Engeland is, met Wagyu sirloin, dragonpesto, rooi uie, peperwortel en profiterole wat met die Bellingham Bernard SMV 2020 bedien is.

Woud Noir is ’n terugverlang na Frankryk met vanielje-en-parmesaan broskoek, foie gras en suurpruimjellie.

Die Singapore Chilli kyk terug na Luke se dae in die Ooste en het ’n langoustine, kammossel-mousse, brandrissiesous, gerookte tamatiejellie, kasjoeneut en raappuree. Dis met die Longridge Ou Steen Chenin blanc 2018 bedien.

Die Singapore Chilli kyk terug na Luke se dae in die Ooste en het ’n langoustine, kammossel-mousse, brandrissiesous, gerookte tamatiejellie, kasjoeneut en raappuree.
Die Singapore Chilli is met die Longridge Ou Steen Chenin blanc 2018 bedien.

Een van die gaste aan ons tafel se gunstelinge was die Bief “Kalbi” van Korea met beeshaas, kastaiing en shitakerys, mirretee, ssamjang, kimchi en ponzu wat met Sake Daiginjo YK35 bedien is.

Nagereg so ala Suid-Afrika was malvapoeding met amasiroomys, peer en Ultramel, wat met die Beaumont Goutte D’or geniet is.

Luke het aan gaste vertel dat “The Journey-spyskaart is ’n ware kykie in my lewe as sjef. Dit neem my dekades van reis, proe, kook en ervaar regoor die wêreld en distilleer dit in ’n negegang ontdekkingsreis van die geure wat ek só ontdek het.”

Die negegang “The Journey” spyskaart kan met ons sonder pasmaat drankies geniet word en die viergang “The Explorer” is ’n keur uit eersgenoemde. Dit word as reiskaart aan gaste voorgehou.
Nagereg so ala Suid-Afrika was malvapoeding met amasiroomys, peer en Ultramel, wat met die Beaumont Goutte D’or geniet is.

Die negegang “The Journey” spyskaart kan met ons sonder pasmaat drankies geniet word en die viergang “The Explorer” is ’n keur uit eersgenoemde. SALON is Dinsdag tot Saterdag saans oop tussen 18:00 en 21:00.

Sjef Luke Dale Roberts in SALON.
Carla Schulze, hoof-ontwikkeling sjef, het saam met Luke gewerk om die spyskaart te skep. Sy het na die maaltyd haar sjefspan uitgebring om aan gaste voor te stel.

Lees ook: Internasionale Chardonnaydag – Dis hoekom wyn soos moedersmelk smaak!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

9 mins Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

6 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

7 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

7 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

7 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

8 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.