kategorieë: Blogs

Luister vir Lewis

Ek was nog nooit ‘n groot leser van boeke vol inspirasie nie. Fiksie, ja. Biografieë, beslis. Pienk en plesierig, nee. En self-help? Asseblief nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Toe my kinders gebore is het ek besluit ek lees niks, ek bel my ma of vertrou my instink. As jong entrepreneur moes my pa en nog ‘n paar slim manne en vroue in my lewe instaan met raad en daad. Hoewel ek moet bieg dat ek steeds alles verslind waar Warren Buffet se naam genoem word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Op ‘n dag vang my oog dié van ‘n pragtige jong man op die voorblad van ‘n koerant (iets wat ek wel lees, elke dag, in papierformaat of op die Net).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lewis Gordon Pugh is nie net iets vir die oog nie, maar kyk diep, dwarsdeur die bladsye tot in jou binneste. Of so voel dit.
Hy’s in 1969 gebore, sien ek. Ek in 1971. Hy in Plymouth, Engeland en ek in Worcester, Suid-Afrika. Teen sy tiende
verjaarsdag het Lewis Suid-Afrika ook sy tuiste gemaak. Hy was hier, tussen ons. Van kleins af was swem Lewis se ding en op 17 het hy die seetog tussen Robbeneiland en Kaapstad man-alleen gepak. Of is dit nou seun-alleen? Dít was net die begin. Vandag is Lewis, wat sy regsloopbaan prysgegee het, baie meer as net ‘n bekende en gerekende internasionale bewaringskampvegter.

Hy inspireer en motiveer, met reise wat hom regoor die wêreld neem. In Birmingham praat hy met die vroue van Avon, in Singapoer kry Microsoft raad vir verandering en vroeër die week sien ek hy kuier by die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maar dis sy jongste boek, 21 Yaks and a Speedo – How to achieve your impossible – wat my nou al weke lank laat wakkerlê. Verstaan my mooi: sport, enige sport, het my nog nooit gelok nie. Daar was net te veel ander dinge om te doen. Nou spoed nog ‘n jaar einde se kant toe en steeds het ek nie alles gedoen wat ek aan die begin van 2013 wou nie. My keel trek toe, ek’s vies vir myself. Daar’s nog baie op die lysie . . . soos om van daardie ekstra kilo’s ontslae te raak . . . ken die gevoel?

Ek koop 21 Yaks op die lughawe en dra Lewis vir ‘n week in my sak. Op ‘n Vrydagaand begin ek lees en teen Saterdagoggend bestel ek nog tien boeke om vir kliënte uit te deel. Want Lewis sê (losweg vertaal, soos ek dit onthou):

1. Fokus. Jy sal dit gedoen kry as jy regtig graag wil.
2. Vasbyt! As jy die eerste keer dit nie maak nie, hou aan.
3. Vlug. Soms, net soms is vlug nie ‘n opsie nie. Dis noodsaaklik.
4. Sien dit. As jy dit kan sien kan jy dit maak gebeur.
5. Dink. Gedagtes is magtig. Dink waaroor jy dink.
6. Pak die skuld op jouself. Jy’t niemand anders om te blameer nie.
7. Glo. Die kern om enige groot mylpaal te bereik is om te glo in jou doel.
8. Hou aan. Soms moet jy net verby ‘nee’ kom.
9. Volg. Moenie deur ander se verwagtings beperk word nie. As jy beter weet, volg jou eie reëls.
10. Werk. Soms is die hardepad nie net die beste een nie, dis die enigste een.
Daar’s nóg minstens elf ander stukke goeie raad in die boek, maar ek wil nie jou pret bederf nie. As jy vir Lewis raakloop voor ek doen nooi hom vir koffie, of water, of watookal supersterre soos hy drink. En luister na sy stories. Dit práát met jou.

Tot volgende week,

Marí
www.incontext.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

3 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.