Luister na Tussen Ons en WEN ’n rooi rose-blokraaiboek!
Het jy gehoor?
Jy kan nou jou gunstelingtydskrif, rooi rose, op ’n hele nuwe manier ervaar – en dis GRATIS!
Ons het onlangs ons eerste seisoen podsendings op ons kanaal, #rrRADIO, vrygestel. Ons het tans drie reekse en jy kan enige tyd, enige plek daarna luister. Podsendings is minder skrikwekkend as wat jy dink – regtig! Al wat jy hoef te doen is om die speelknoppie te druk – enige tyd, enige plek.
Lees ook: Wat is podsendings?
Hoe kan ek podsendings aflaai?
Die drie reekse is uiteenlopend, interessant, en gratis:
Botox, Barbies en Bietse
In dié vervolgverhaal deur Martie Swanepoel neem die bekende aktrise en stemkunstenaar Elize Cawood jou op ’n boeiende reis deur Liesl Burger se lewe. Liesl is ’n kunstenaar wat die plooie van haar man se verraad met ’n vintage Barbie uit haar lewe botox. Gedurende die 16 episodes gaan jy elke week saam met haar lag en ’n bietjie huil. En dalk jou vrouwees herontdek … Jy sal dit nie wil misloop nie!
Daar word elke Donderdagoggend om 09h00 ’n nuwe episode vrygestel.
Klik hier om daarna te luister
Tee en Taai Toffies
Bekendes soos Ruda Landman, Cindy Swanepoel, Nadia Beukes, Christel van den Bergh, Lindie Strydom en Werner Joubert gesels elke tweede week openhartig met bekroonde joernalis en radio-aanbieder Ilse Salzwedel oor hul doen en late en lief en leed. Boonop gaan hulle probeer om vir luisteraars raad te gee oor hul verhoudings- en lewensprobleme. Gaan dit werk? Luister en oordeel maar! Ons waarborg ’n luisterervaring vol deernis en humor.
Daar word elke tweede Woensdagoggend om 09h00 ’n nuwe episode vrygestel.
Klik hier om daarna te luister.
Tussen Ons
In die eerste seisoen gesels ons spesialis-joernalis, Mariette Snyman, elke week met verskeie kenners soos, dr. Jireh Serfontein, dr. Elna Rudolph en dr. Melodie de Jager oor vroue se hartsake, seksuele gesondheid en gelukkige verhoudings. As jy al ooit enige vrae gehad het oor sensitiewe onderwerpe soos pynlike seks, erektiele disfunksie, kontrasepsie, libido, seks en die menopouse, en seksuele etiket, is hierdie reeks vir jou.
Daar word elke Dinsdagoggend om 09h00 ’n nuwe episode vrygestel.
Klik hier om daarna te luister.
#rrWenk: Onthou, jy kan ook met oorfone luister.
Gesels met ons!
Vir meer inligting e-pos [email protected]
Luister na Tussen Ons en WEN!
Luister na Episode 6 van Tussen Ons (klik hier) en antwoord die volgende vraag: Hoeveel jaar voor ’n hartaanval het mans gewoonlik erektiele disfunksie?
Kompetisie sluit: 6 Augustus 2019
Bepalings en voorwaardes geld.
[gravityform id=”477″ title=”true” description=”true”]