kategorieë: Ontspanning

Ludivine: 7de plek in wedloop, maar wenner van ons harte!

Ludivine: 7de plek in wedloop, maar wenner van ons harte! – Deur Zoë Salzwedel. Hooffoto: Pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit was ’n doodgewone Saterdagoggend vir Ludivine,’n tweejarige bloedhond van Elkmont in Alabama, VSA. Ludivine (ook bekend as Lu) het soos gewoonlik haarself besig gehou en die dinge gedoen wat honde elke dag doen – deur die tuin gewandel, draaie om die huis gestap, aan die gras gesnuffel en nuwe vriende gemaak. Maar min het sy (of haar eienaar!) geweet dat die nuwe vriende wat skielik haar aandag getrek het en die avontuur waarin sy haarself hierna bevind het, haar Elkmont se held van die dag sou maak…

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

En vandag, drie jaar later, is Lu steeds op mense se gedagtes en word haar storie oor en oor op sosiale media versprei.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Ludivine is op Saterdagoggend 16 Januarie 2016 deur haar eienaar, April Hamlin, uitgelaat om ’n draai te loop en soos gewoonlik deur die omgewing naby die plaas waar sy woon te wandel, toe haar aandag skielik afgetrek is deur nuwe vriende. Dié mense was deelnemers aan die Elkmont Halfmaraton, en hulle was besig om op te warm en gereed te maak vir die wedloop, toe Ludivine by hulle aansluit.

Toe die wedloop begin, het Ludivine sommer saam met die deelnemers begin hardloop. Sy was seker net te bly dat soveel mense met haar wou speel! Kilometer na kilometer het dié hond by die voorste groep hardlopers gebly. Op ’n stadium tydens die wedloop het Lu selfs gestop om aan ’n dooie haas te ruik, van die pad afgedwaal om vir ’n groep koeie te gaan blaf en aan ’n paar rose te ruik wat langs die pad gegroei het.

Ten spyte hiervan het Lu die halfmarathon (21 km) in slegs 1 uur, 32 minute en 56 sekondes voltooi, uit 165 deelnemers sewende geëindig en selfs ’n medalje ontvang vir haar merkwaardige prestasie.

Die organiseerders was só beïndruk deur die liefde wat die gemeenskap en die deelnemers aan Lu getoon het, dat hulle besluit het om dié wedloop ter ere van Lu as die “Elkmont’s Hound Dog Half” te herdoop.

Ludivine was skielik hoofnuus, en het selfs op plaaslike koerant- en tydskrifvoorblaaie in Alabama verskyn:

Bloedhonde soos Ludivine hou van nature van wandel. Nadat hulle agtergekom het dat Ludivine hope van dié spesifieke bloedhond-eienskap besit, het April en haar gesin pogings aangewend om hierdie natuurlike nuuskierigheid te bevredig deur haar op lang stappies te neem en haar “roaming”-tyd te beperk tot slegs een keer per week. Byna al Elkmont se 400 inwoners is gewoond daaraan om vir Lu in die omgewing te sien wandel en is gewoond daaraan dat sy haarself dikwels op avonture bevind. Lu is slim en lojaal, en kom altyd huis toe. Selfs die bure in die omgewing hou ook al ’n ogie op haar!

Gaan kyk gerus na nog foto’s van Lu wat aan die Elkmont’s Hound Dog Half deelgeneem het.

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

Is jy dalk uitgebrand? Toets jouself

Toets 1 Ek voel emosioneel dood. Dit is asof ek my werk en my kollegas op…

11 hours Gelede

6 oefeninge wat snork stop sit

Ons snork omdat ons keelweefsel pap raak. Spiere wat nie gebruik word nie raak pap…

11 hours Gelede

5 dekorflaters om te vermy

Dit is nie altyd maklik om jou eie huis te versier nie. Ons het gaan…

12 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met André de Villiers oor nuwe seisoen van ‘4×4 Met André’

Maak jou reg vir ’n onvergeetlike Namibiese 4x4-avontuur met die bekende 4x4-spesialis, André de Villiers.…

12 hours Gelede

Marciel groet vanjaar ‘Boer soek ’n vrou’

In ’n eksklusiewe onderhoud met Landbouweekblad het die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Hopkins onthul…

14 hours Gelede

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.