kategorieë: Ons menseBekendes

Ludik-aktrise Inge Beckmann gesels oor haar karakter Rina Goosen

rooi rose gesels met Ludik-aktrise Inge Beckmann

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vertel ons van jou karakter in Ludik

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek vertolk die rol van Rina Goosen. Sy is Daan Ludik se sekretaresse, vennoot en vertroueling en hulle werk al 15 jaar lank saam. Rina sal soms besluite maak wat die kykers mag skok. Ten spyte van die verknorsings waarin sy haarself bevind, is sy beslis iemand wat jy in jou hoek wil hê as dinge begin verkeerd loop.

Wat beteken dit vir jou om deel van die eerste Afrikaanse Netflix-reeks te wees?

Ek voel baie trots om deel hiervan te wees en deels omdat ek die geleentheid gehad het om met wonderlike akteurs soos Arnold Vosloo te werk, maar ook omdat Ludik ʼn realistiese en menslike kant van Suid-Afrikanerwees verteenwoordig, wat in my opinie meer opreg oorkom. Ek voel egter dat Suid Afrikaanse akteurs weereens aan die kort end moet trek as dit kom by royalties waarop ons geregtig is, want die wette wat ons moet beskerm, is nie in plek nie. Dit laat ons in ’n ewigdurende “fame without fortune”-staat.

Lees nog: Netflix stel binnekort eerste Afrikaanse reeks internasionaal vry

Enige geheime wat jy mag deel?

Ons het hard gewerk én hard gekuier.

Vertel ons van jou tyd op stel. Hoe het jy dit ervaar?

Sjoe, soos op meeste jobs was dit vir my soms ʼn bietjie frustrerend, want ek is ʼn totale perfeksionis en wil hê alles moet perfek wees. Ons het ons bes gedoen met die begroting en hulpbronne wat ons tot ons beskikking gehad het. ’n Mens kan altyd doen met meer tyd en geld om ’n storie goed te vertel. Ludik gaan ’n treffer wees. Beslis een vir die filmiese en kulturele Groot Verseboek.

Is daar enige karaktereienskappe wat jy met jou karakter deel?

We are both very resourceful.

Op watter manier verskil jy van jou karakter?

Ek sal nie sommer betrokke raak met iets onwettig nie, veral nie as dit die mense om my in gevaar stel nie.

Ons het onlangs Vrouedag gevier, wat beteken vir jou?

’n Vrou word elke ses uur deur ‘n lewensmaat in Suid-Afrika vermoor. Dit het nou ’n punt bereik wat dit vir my voel asof die moord van vroue (en kinders) ’n soort bloedsport in ons land geraak het en geweld en disrespek is amper normaal. Vrouedag is vir my net nog ’n herinnering dat ons magteloos teen vrouemoord is. Suid-Afrika is deur die patriargie saamgestel en tot daar diep hervorming plaasvind, sal dit nie verander nie. Vroue moet ook hul eie verouderde sienings oor vrouwees uitdaag en bevraagteken. Ons kan nie ’n verdedigingsmag sonder soldate saamstel nie.

Lees nog: rooi rose gesels met Ludik se Lea Vivier

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

10 redes waarom jy die September-uitgawe van rooi rose móét lees!

  Melinda hou aan groei    Die aktrise Melinda Viljoen het die afgelope paar…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jacques Bessenger oor ‘Een keer om die son’ se lesse

Jacques Bessenger is vanjaar as beste manlike byspeler in ’n TV-drama (vir Hartklop) en beste…

1 day Gelede

Waarom dit nodig is om saam met ‘n werwingsagentskap in Suid-Afrika te werk vir besigheidsgroei

In die hedendaagse vinnig veranderende sakewêreld, staan Suid-Afrikaanse maatskappye voor toenemende druk om mededingend, buigsaam…

1 day Gelede

‘Diepe waters’ se Gys en Zelda: Ou liefde roes nie

Gys “Ek wil by jou wees, maar ons moet mekaar vergewe vir die verlede. Kom…

2 days Gelede

Die beste gebraaide broodjies denkbaar!

Jy het brooddeeg vir die resep nodig, maar as dit tyd knap is, kan jy…

2 days Gelede

Gluten- en eiervrye sjokoladekoekies

Bestanddele   125 ml (½ k) sagte botter 125 ml (½ k) suiker 110 ml…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.