kategorieë: Bekendes

Luan Jacobs oor Nul is Nie Niks Nie

Vertel ons van jou karakter.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Bruce is ’n manipulerende wolf in skaapklere wat op ander teer. Hy is ’n skurk wat smokkel met gesteelde goedere en die leier van ’n groep latte wat die dorp rot en kaal besteel. Bruce se bravade is gegrond op die feit dat hy alles weet van almal op die dorp, sodoende kan hy op enige gegewe oomblik ’n gevaar wees vir iemand.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat van die teks het jou aangegryp?

Suid-Afrika se filmindustrie is besig om uit sy nate te bars. Ons sien hoe skrywers, regisseurs en filmmakers meer kanse begin vat met die stories wat vertel word. Nul is Nie Niks Nie is vol dinamiese drie-dimensionele karakters wat ten volle hul stemme laat bulder in hierdie brawe film. Die film het hart en praat met verskeie teikenmarke. Ek dink die hoeveelheid hart in die storie is iets wat my aangegryp het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat was die lekkerste en moeilikste deel van jou rol?

As akteur streef ek altyd daarna om uitdagende rolle by die horings te pak. Ek het ingeloop by die oudisie vir Bruce met die minste verwagtinge. Ek het glad nie gedink die rol was vir my beskore nie. Nietemin het ek alles gegee tydens die oudisie. Die oproep het gekom en ek het begin met my voorbereiding. Die lekker ding van Bruce is sy absolute verontagsaming van reëls. Hy doen soos hy voel en net wat hy wil. Die moeilikste deel van Bruce was om die oomblikke te vind waar sy menslikheid hom kniehalter en wat sy reaksies sal wees. Hy sien menslikheid amper as ’n swakheid en wanneer sy eie menslikheid hom bedreig, weet hy nie hoe om te reageer nie.

Die tema is aangrypend. Wie dink jy moet die fliek sien?

Ek glo almal moet dit sien. Daar is baie storielyne waarby verskillende mense aanklank kan vind. Die temas van lewe en dood, om aktief en passief deur die lewe te verkeer, maak vir ’n baie inspirerende verhaal.

Luan Jacobs en Francois Jacobs

Hoekom sal jy sê moet veral ouers die fliek gaan kyk?

Ek hoop dat dit diskoers kan vorm tussen kinders en ouers en dat hul verhoudings sal groei. Daar is baie liefde en empatie vir veral die drie hoofkarakters is onvermydelik. Dit is ’n ongelooflike storie vir oud en jonk.

Wat is vir jou die somtotaal van hoop?

Empatie. Daar is baie lig in die harte van mense wat die tyd neem om aktief iemand anders te help. Ek dink die wêreld sal ’n beter plek wees as meer mense begin om vir mekaar om te gee.

Hoe was dit om saam met Dania, Jaden en Pieter te werk?

Dit was ’n fees. Hulle was uiters professioneel en vriendelik op stel. Ons het vriende geword. Jaden het die vermoë om die perfekte “selfie” te neem met enige iemand se foon! Pieter het my gat geskop in Pokemon Go. Dania is die vriendlikheid self.

Wat beteken vriendskap vir jou?

Vriendskap en familie is alles.

Wat sal jou altyd bybly van die film?

’n Mens baklei om deel te wees van ’n projek soos Nul is Nie Niks Nie. Almal se toewyding sal my bybly. Film is ’n vorm van mutualisme – almal moet saamwerk om die resultate te kry. As een die bal laat val is daar ’n domino-effek wat volg. Almal in al hul departemente en hoedanighede as akteurs, die tegniese span, organiseerders, grimering, hare, garderobe, ens … almal en alles het net gewerk. Dit was ’n fees om deel te kon wees van ’n groep dinamiese mense wat alles gegee het om hierdie film te laat werk. Boonop was dit ’n moerse lekker ervaring!

Hou jy van Zombie-flieks?

Ek is gewoonlik ’n bietjie senuweeagtig om Zombie-films te kyk omrede die geweld so horrible is. As akteur wil ek graag in so fliek speel, as iemand wat gejaag word deur ’n zombie of nog beter – as die zombie wat jaag. Maar ek geniet die teorie agter die films. Die basiese idee dat zombies uitgerekte weergawes is van die effek wat kapitalisme en verbruikerswese op die mensdom het. ’n Mens kan ook teoreties kyk na die term zombie in Nul is Nie Niks Nie. Die idee dat mense reeds “zombies” is deur die lewe word geondersoek: mense wat opgegee, wat passief geword het in die lewe, mense wat “dood” is terwyl hulle nog lewe is alles temas daarvan. Daar is soveel dieper betekenisse in die film.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

4 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

10 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

11 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

11 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

11 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

12 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.