kategorieë: KalenderOntspanning

Los Asseblief ’n Boodskap

Foto deur Chanél van der Merwe

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hierdie komiese eenvrouproduksie volg die verhaal van ’n gewese popster in die 90s, Nina van Zyl. Dit gaan nie goed met haar nie; haar popster-loopbaan het albei voete in die graf, sy het al vir ses jaar lank writer’s block en nou het haar eks die vermetelheid om kanker te kry. Classic Dirk … Sy vat die langpad van Johannesburg na Kaapstad, dorp tot dorp. Miskien kan sy vir Dirk een laaste keer sien. En miskien kry sy ’n paar gigs. In elke dorp van haar toer beland Nina in situasies wat haar vooropgestelde idees oor haarself oopkraak. Die karakters wat sy ontmoet, nuut en oud, help haar om te laat gaan van haar verlede van vernederings en selfsugtigheid. In elke dorp word daar iets van haar afgesloof – haar narisisme, haar vrees, en haar spyt. Aan die einde maak sy dit deur die vagevuur van plattelandse Suid-Afrika as ’n beter persoon. Wel, soort van.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Simoné Nortmann vertolk die hoofrol van Nina van Zyl en Ilana Cilliers is die stem van Angie, die agent. Maude Sandham behartig die regie, en verhoog-, kostuum- en beligtingsontwerp is deur Stefan Benadé. Musiek deur Marius van Wyk en verhoogbestuur deur Catherine van Hoven. Die verhaal is deur Louis Roux geskryf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Klik hier om ons gesprek met Simoné Nortmann te lees oor hierdie vertoning om ’n voorsmakie te kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Verdere inligting

Datum: 6 en 7 Februarie 2018

Tyd: 20h00 – 21h00

Plek: Atterbury-teater, Pretoria. Besoek hul webblad hier

Koste: R140 – R160

Kaartjies is beskikbaar by Computicket. Kontak gerus 012 471 1700 vir verdere inligting.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

12 hours Gelede

Drie goed wat jy oor ‘Suidooster’ se stormagtige April móét weet

Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…

12 hours Gelede

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

1 day Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

1 day Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

1 day Gelede

Duncan Johnson oor ‘Skemergrond’ se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’

    In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.