Lori-Anne is Bald and Beautiful deur Beatrix Roux. Foto’s verskaf
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Een oggend in Oktober 2018 is dit tyd vir Lori-Anne van der Merwe Biebuyck se jaarlikse mammogram, en soos talle male tevore vat sy ’n paar vriendinne saam. Dis mos net ’n roetine-ondersoek.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die dokters kyk, en kyk weer na die skanderings en X-strale.
Daar word beraadslaag en tweede en derde opinies ingeroep. Dieselfde dag is dit biopsies en dan binne ’n paar dae die uitslag: dit is borskanker en daar is ook ’n kol op haar lewer.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Soos ’n inbreker in die donker uur van die nag – dis hoe kanker werk. Dit oorrompel jou onverwags, en skielik is jou lewe onderstebo en deurmekaar. Partykeer huil jy, ander dae is jy kwaad, en soms vra jy in ongeloof: Hoekom nou dit?
Lees ook: Wat jy nou oor borskanker moet weet
Die Rooi Duiwel, of gevreesde intensiewe chemobehandeling, begin en so ook elke vrou se grootste nagmerrie – om jou haredos te verloor. Die skoonheidsindustrie floreer as gevolg van haardroërs, haarprodukte, haarverlengings en haarstileerders. Skielik het jy geen hare nie, en daarmee saam ’n groot, kaal kol in jou selfbeeld.
Lees ook: Lees ’n uittreksel uit Madelein Rust se nuwe boek, Kanker Schmanker
Lori-Anne se hare val uit en almal help turbans en doeke vou. Binne ’n paar dae besef sy hierdie lappe gaan nie vir haar werk en dit is waar Lori-Anne se nuwe afdraaipad begin …
Hats by Lori word gebore. Só ’n hoed is nie sommer ’n gewone hoed nie, maar een met styl, gemaklik, veerlig en met ’n parmantige blom teen die kant. Dikkerige rekkantoenmateriaal en scuba-materiaal werk uitstekend. Die patroon pas almal, laat ruimte vir stilering en hanteer alle weerstoestande.
Lori-Anne maak nie net vir haarself hoede nie, maar ook vir ander kankerpasiënte. Sy gaan gee elkeen persoonlik af waar vroue in die chemokamers van die Kaapse Skiereiland sit. Tans lewer sy ook hoede by die Onkologie-afdelings van verskeie hospitale af, wat dan deur die susters aan diens uitgedeel word. Goeie nuus versprei mos soos ’n veldbrand; hoede word deesdae landswyd teen ’n minimale bedrag gekoerier.
Lees ook: Borskanker sonder die knoppie: Is dit gevaarliker?
Hats by Lori it is haar eie pay it forward-projek en vriende en vreemdes spring ook in om te help vervaardig. Party sny, ander maak blomme (daar word selfs werkswinkels gehou) en ander hekel dat die wol so spat.
Tans word die meeste kostes deur Lori-Anne self gedra, en weldoeners maak of skenk blomme of lap en help met patrone uitsny. As jy graag ’n hoed wil hê of aan die projek wil deelneem: Gaan loer op die Facebookblad Bald and Beautiful en stuur vir Lori-Anne ’n boodskap.
Die eerste hoed is gratis (net R50 kouriergeld betaalbaar) en as jy van verskillende kleure hou, kos dit R100 per hoed. Dit word met ’n persoonlike briefie van Lori-Anne verpak.
Die Facebookblad Bald and Beautiful is nie net die vertoonvenster vir hoede, nie maar ook vir Lori-Anne se ondervindings met bloedtrek-ekspedisies, die gevreesde rooi chemo, video’s oor wat jy nie vir kankerpasiënte sê nie, blompatrone, en selfs ’n foto of twee van haar liefdierbare honde, Ruby en Pippa.
Lees ook: Kanker: Wat om te sê … en wat om nie te sê nie
Dis Lori-Anne se persoonlike reis van daaglikse oorwinning deur elke fase van die behandeling. Bo alles is dit egter ’n groepsreis wat elke kankerpasiënt deur inligting en inspirasie kan bemagtig om die siekte met waardigheid en in gatskopstyl in die oë te kyk.
As jy wil deel word van die Hats by Lori-projek, kontak haar gerus via Facebook of op Instagram
Deur Rentia Mynhardt. Foto’s: Verskaf Om ma en dogter op papier te wees is…
Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…
Deur Mariette Snyman “Pynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die…
Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier! Modern 14 F13MG Kleinhandelaar:…
Foto's: Instagram/Bernice West Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…
Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.