kategorieë: GrimeringSkoonheid

L’Oréal: 47 jaar lank al “worth it”

L’Oréal: 47 jaar lank al “worth it” deur Suzanne Kotzé

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die slagspreuk “Because I’m worth it” is in 1971 geskep deur ’n 23-jarige vroulike kopieskrywer, Ilon Specht. Gedurende die sewentigs is die meeste advertensieveldtogte deur mans uitgedink en het maar min op vroue gefokus. Gedurende hierdie tyd het vroueregte egter meer aandag begin geniet en L’Oréal Paris het vurig aan die kant van vroue regoor die wêreld gestaan. Volgens L’Oréal Paris bevorder die slagspreuk nie net vroue se selfwaarde nie, maar dit bevorder ook die bemagtiging van vroue.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Theresa van Rooyen, bemarkingsbestuurder vir L’Oréal Paris, werk al vir 10 jaar hier. “Ek was ’n regte “L’Oréal Baby” en het direk na universiteit hier begin werk,” vertel sy. Theresa vertel ons hoe die skoonheidswêreld en L’Oréal Paris die afgelope dekade verander het.

Hoe het ons siening van skoonheid verander die afgelope 10 jaar?

Regoor die wêreld word daar al hoe meer ’n klem geplaas op inklusiewe skoonheid; dus skoonheid wat wegbeweeg van stereotipes. L’Oréal Paris het ook hierdie siening van skoonheid ons eie gemaak en dit kom na vore in al ons advertensieveldtogte van die laaste paar jaar. Die L’Oréal Paris x Balmain samewerking in 2017 is maar een van die voorbeelde waar vroue van alle ouderdomme op die loopplank te sien was. (Klik hier om ons artikel daaroor te lees).

L’Oréal Paris het ook meer gewaagde veldtogte aangepak met Elvive in Brittanje wat die eerste groot haarreeks-handelsmerk was wat ’n vrou met ’n hijab, die Britse blogger Amena Khan, as model gebruik het. Volg hierdie skakel vir meer inligting.

Hoe het julle “worth it” slagspreuk oor die dekades verander om meer inklusief te word?

Die slagspreuk het ontwikkel van die oorspronklike “Because I’m worth it” na “Because you’re worth it,” toe na “Because we’re worth it” en nou na “Worth it” toe. Die idee agter die slagspreuk is om relevant te bly vir vroue in elke era en vandag is die slagspreuk meer inklusief en beklemtoon nie net ons eie selfwaardigheid nie, maar ook dié van vroue rondom ons. Die doel agter die slagspreuk is om alle vroue te ondersteun op hulle weg na selfvervulling na gelang van hulle eie reëls en behoeftes.

Hoe verskil die Suid-Afrikaanse skoonheidsmark van die res van die wêreld?

Die Suid Afrikaanse mark het ’n veel breër spektrum van diversiteit. Dit maak die skoonheidsindustrie uitdagend, maar ook opwindend vir enige internasionale maatskappy. In Europa is verouderingswerende velprodukte die grootste en ook die mees dinamiese sektor. In Suid-Afrika is ’n oneweredige gelaat as gevolg van donker merke weens sonskade ’n baie groter probleem. Suid-Afrikaanse vroue verkies ook eerder ’n vogroom of onderlaag wat ’n SBF-produk insluit. In terme van grimering  verkies ons eerder ’n verlengingsmaskara, waar die res van die wêreld liewer ’n maskara wat ekstra volume gee, verkies.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

3 mins Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

11 mins Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

16 mins Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

34 mins Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

1 hour Gelede

Heerlike winterpastagebak

Hierdie heerlike pastagebak is genoeg vir 6 porsies.

1 hour Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.