kategorieë: OuerskapJou lewe

Loopbaanmoontlikhede vir skoolverlaters sonder ’n graad

Openbare Suid-Afrikaanse universiteite kan net ’n fraksie van die honderdduisende studieaansoeke wat hulle ontvang, akkommodeer. Daarom spoor opvoedkundiges ouers en hul kinders aan om die opwindende studiemoontlikhede te ondersoek wat nié ’n graad vereis nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Lees ook: Brugjaar – ja of nee?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Afgesien van die opsies wat in die private hoër opleidingsektor beskikbaar is, kan jongmense ook in die breër tersiêre sektor werkplekgerigte kwalifikasies waarvoor daar ’n aanvraag is, verwerf.” Só sê Elbie Liebenberg, hoof van Oxbridge Academy – ’n handelsmerk van ADvTECH, Suid-Afrika se grootste private opleidingsverskaffer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Volgens Elbie word daar steeds te veel klem geplaas op graadstudie as die enigste betroubare pad na ’n volhoubare loopbaan, terwyl die werklikheid eintlik die teendeel bewys. “Dwarsoor die talle sektore in ons ekonomie soek firmas desperaat na jongmense met tegniese kwalifikasies en ervaring. Baie van die beskikbare poste vereis nie graadstudie nie, eerder iemand met ’n kwalifikasie wat hulle met tegniese kundigheid toegerus het sodat hulle gereed is vir die werkplek en vanaf dag een doeltreffend aangewend kan word.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Daar word steeds te veel klem geplaas op graadstudie as die enigste betroubare pad na ’n volhoubare loopbaan

Deon Roets, akademiese hoof by Capsicum Culinary School, stem saam: “Die toerisme- en gasvryheidsbedryf groei vinnig en het voortdurend nuwe bloed nodig.”

Daar is talle programme waaraan jongmense kan deelneem om die industrie te betree, selfs al het hulle nog nie ’n matrieksertifikaat nie. “Jy hoef byvoorbeeld net agtien te wees, met graad 10 agter jou naam, om ’n beroepsertifikaat (occupational certificate) as sjef aan te pak, of ’n internasionale “City and Guilds IVQ” (vlak 2) in patisserie.

“Hoewel sekere kwalifikasies voorkennis van kombuiswerk vereis, het Capsicum die basiese beginsels in hul programme ingebou om leerders te help. Sodra enige van die programme voltooi is, kan leerders gaan werk.

“Jongmense moet egter besef dat hoewel ‘n matrieksertifikaat nie altyd noodsaaklik is nie, hierdie kompeterende industrie ’n hoë vlak van toewyding aan uitmuntendheid en opleiding vereis, veral wanneer professionele mense in hoëvlak posisies belang stel. Hulle moet van die begin af álles insit.”

In die breër gasvryheidsbedryf kan jongmense sonder ’n graad verskeie loopbaanroetes volg, meen Erika Theron, Akademiese Dekaan vna The Private Hotel School. “Matrikulante kan onder meer ’n diploma in geleentheidsbestuur (event management) of ’n hoër sertifikaat in gasvryheidsbestuur oorweeg. Hierdie kwalifikasies is intensiewe, werkgerigte kwalifikasies wat ’n breë vaardigheidspektrum dek, insluitend boekhouding, verkope en bemarking, leierskap, en personeelbestuur en sakekommunikasie.”

Studente kan hul studies sonder ’n matrieksertifikaat begin en hul studiereis op Nasionale Diplomavlak afsluit

Liebenberg beklemtoon die belowende opsies buite die gasvryheids- en kosbedryf. “Baie studente by Oxbridge Academy werk terwyl hulle studeer, en doen so terselfdertyd ervaring op. Ons het jaarliks meer as 20 000 afstandsonderrigstudente.”

Die studievelde sluit ingenieurstudie, Educare, menslike hulpbron-, bemarkings-, toerisme-, openbare bestuur, finansiële en sakebestuur in. “Studente kan hul studies sonder ’n matrieksertifikaat begin en hul studiereis op Nasionale Diplomavlak afsluit, na die suksesvolle voltooiing van werkgebaseerde, geïntegreerde leer.

“Dis uiters belangrik dat jongmense wat nie matriek of ’n graad verwerf nie, of nie toegelaat word tot graadstudie nie, begryp dat ’n graad net één roete na loopbaansukses is. Wêreldwyd is daar geleenthede vir mense wat hul passie en belangstellings kan identifiseer en met toewyding navolg.”

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

12 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

18 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

19 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

19 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

20 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

20 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.