Lize Vermeulen van Organizit gee partytjieraad deur Catherine Schenck. Foto’s: Verskaf.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Lize Vermeulen het by ons KANSA-tee 2018 die dekor bemoedig – en dit het ongelooflik gelyk! Ons het ’n bietjie met hierdie formidabele vrou gesels om meer uit te vind oor haar werk en sy deel ’n paar onthaalgeheime wat handig te pas sal kom by vanjaar se KANSA-tee en die feesseisoen wat net om die draai is …
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Ek het altyd die visie gehad om ‘n sakevrou te wees en wou selfstandig wees en my passie uitleef. Ek het die perfekte geleentheid in die gasvryheidsbedryf gesien. Ek het ‘n graad in voedsel- en drankbestuur en het reeds in 2002 die bedryf betree.
Ek het in 2016 amptelik by die Organizit-span aangesluit toe ek die Centurion-tak geopen het, en het Organizit SA sedertdien oorgeneem.
Elke dag is gevul met soveel inspirasie, ek ontvang daagliks baie navrae wat die eerste kontakpunt met ‘n kliënt is, daarna het ek heelwat vergaderings met kliënte en verskaffers, wat gevolg word deur intensiewe navorsing vir elke spesiale geleentheid. Ek geniet elke aspek van die besigheidsmodel en navorsing.
Ek is heeltemal versot op die oomblik wanneer die eregas opdaag vir die spesiale dag en ek kan deel in die oomblik wanneer die stilering al hul verwagtinge oortref en blywende herinneringe kan skep. Nadat ek so nou saam met elke gesin aan hul unieke viering gewerk het, word my kliënte soos ‘n gesin en raak ek betrokke by al hul spesiale vieringe.
Om nuwe inspirasie te kry kan uitdagend raak, maar elke nuwe kliënt bring ook sy persoonlikheid as inspirasie vir my.
Organizit se visie is om elke kliënt soos ‘n koninklike te laat voel, en om te gee is baie meer vervullend as om te onvang. Ek is gek daarna om deel te wees van enige liefdadigheidsgeleentheid en ‘n geselligheid soos die Kansa-tee staan beslis vir my uit omdat die geleentheid soveel sterk vroue se waardigheid en oorwinning vier.
As jy vanjaar saam wil kom kuier, loer hier vir meer inligting oor ons Bloemfontein en Stellenbosch KANSA-tee!
Ons het twee jaar gelede aan die konsep van ‘n program begin werk, en toe vir Hanna gevra om die program aan te bied. Die program het my so diep geraak en elke gas op die program het ‘n baie spesiale plek in my hart. Ek glo dat ons kon saai in hierdie program en daardeur ‘n verskil kon maak, al was dit net om iemand se dag op te helder.
Ek het ook saam met heelwat verskaffers vir die kykers ‘n klomp doen-dit-self wenke gegee sodat hulle ook die geleentheid kan hê om ‘n pragtige geselligheid aanmekaar te sit. Ons is oorweldig deur die wonderlike terugvoer oor die program en almal geniet die wenke.
Die grootste tendense sluit beslis massiewe ballonstrukture in, gevolg deur houtpilare en baie vars blomme.
Ons is gek daarna om groot ligletters van sowat ‘n meter by die geleenthede te voeg, afgerond met die wonderlikste eetgoed vanaf ons verskaffers wat elkeen in sy veld spesialiseer.
‘n Oormaat suiker behoort tot die verlede. Mammas verkies gesonder opsies vir die kinders, en omdat soveel meer mense aan intoleransies blootgestel word, het die tendense beslis na ‘n gesonder, less is more– benadering verskuif.
Pleks van die gewone partytjiepakkie wat ons ken, plaas ek leë partytjiepakkies op die tafels sodat die gaste hul eie boksies kan vul.
Hierdie tema maak my ontsaglik opgewonde, dit het geen grense nie en eindelose moontlikhede.
Onthou om jou kleurwiel in ag te neem. Ek verkies om met drie kleure te begin werk en daarop te bou – om dan goud, silwer of roosgoud by te voeg en die tafel met liggies of kerse op te helder.
Onthou dat alle vroue gaande is oor ietsie wat hulle huis toe kan neem, en ek hou daarvan om vir elke vrou ietsie kleins met ‘n boodskappie op die tafel te los, asook ietsie om aan te peusel wanneer hulle opdaag.
Die belangrikste is beslis om by die tema te bly en die etiket in ag te neem. Ek werk baie rustiger as ek vooraf alles beplan, teken en lysies maak sodat ek nie van iets vergeet nie. Onthou om tydskrifte en Pinterest te gebruik vir inspirasie en om op die hoogte van nuwe tendense te bly.
Beplanning speel klaar met alle bekommernisse en verseker dat jy op jou beste kan wees en die geleentheid as gasvrou saam met jou gaste kan geniet. Wees net jouself en geniet die oggend saam met jou vriendinne of familie.
Koester die tyd saam en moenie vergeet om baie foto’s te neem nie.
Ons vroue is ons altyd bang ons vergeet iets, of die kos is te min … Stap weg van die vrees en gebruik Pinterest of resepteboeke om vir jou die geskikte riglyne te gee.
Probeer om nie oorboord te gaan nie, want dan dwaal jou oog en jy kan nie fokus op al die moeite wat gedoen is nie.
Probeer die fieterjasies uitskakel en ‘n fokuspunt skep, eerder as om ‘n klomp verskillende elemente saam te gooi.
Ek dink die grootste teleurstelling vir ‘n gasvrou is as iemand ‘n paar minute voor die tyd kanselleer nadat hulle maande lank aan die geleentheid beplan en soveel moeite gedoen het. Of as ‘n gas glad nie die moeite doen om te RSVP soos versoek nie. Respekteer jou gasvrou deur betyds te RSVP, en as jy nie seker is of jy die geselligheid sal kan bywoon nie, antwoord dan so, eerder as om op die nippertjie te kanselleer.
Hier is ‘n paar moet en moenies:
Organizit Party Styling
Kuier gerus saam op facebook, twitter, en Instagram
Lampyridae Lights
Kuier gerus saam op facebook en Instagram
Sugar & Eggs
Kuier gerus saam op facebook, twitter en Instagram
Raslow Kaste & Meubels
Kuier gerus saam op facebook
Royal Flowers and Functions
Kuier gerus saam op facebook
Bake My Day
Kuier gerus saam op facebook en twitter
Cocovanilla Foods
Kuier gerus saam op facebook en Instagram
Choctique Handmade Chocolates
Kuier gerus saam op facebook
Donut Cakes
Kuier gerus saam op facebook
JAPS Printing
Kuier gerus saam op facebook en Instagram
Bocci Box
Kuier gerus saam op facebook en Instagram
Marley Roofing
Kuier gerus saam op facebook
Weldhagen Eggs
Kuier gerus saam op facebook
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.