In ’n kroeg-teater in Pretoria kruis vier mense se stories. Lisa, ’n klassieke pianis (Marlee van der Merwe) is op pad na Nederland. ’n Eens rebelse ‘rocker’ (Altus Theart) is rigtingloos en verveeld. Sy jong meisie-kelnerin-sangeres (Liza Nel) droom van roem in die musiekbedryf. ’n Lewenswyse kroegman (Neels Clasen) is opsoek na ’n ‘live band’ vir die groot heropening na Covid.
’n Liefde vir goeie musiek vervleg vriendskap en komedie, verlies en hoop. Vertel deur Afrikaanse treffers oud (Koos Kombuis, Laurika Rauch, Richard van der Westhuizen, Stef Bos en Johannes Kerkorrel) en jonk (Spoegwolf, Tasché, Dewald Wasserfall, Elandré, Francois van Coke, Karen Zoid en TWEE). Met ’n witwarm ‘live band’ onder leiding van maestro Johan Kelber.
Vervaardig deur die ervare span van Add-Life Productions (Ester, Liefling, Aspoestertjie), beloof ‘Lisa se klavier’ om ’n hoogtepunt in Afrikaanse teater te wees. Kry jou kaartjies vandag nog!
Datums en tye van vertonings:
Vrydag 03 November – 19:00
Saterdag 04 November – 11:00
Saterdag 04 November – 15:00
Sondag 05 November – 11:00
Sondag 05 November – 15:00
Vrydag 10 November – 19:00
Saterdag 11 November – 11:00
Saterdag 11 November – 15:00
Sondag 12 November – 11:00
Sondag 12 November – 15:00
Kaartjies vanaf R230 tot R300
Kaartjies beskikbaar by www.webtickets.co.za
Twee gelukkige lesers staan ‘n kans om dubbelkaartjies vir die vertoning op Vrydagaand. 3 November om 19:00 te wen!
Staan ’n kans om dubbelkaartjies vir ‘Lisa se Klavier’ te WEN!
Bepalings en voorwaardes: Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie. Vir nog bepalings en voorwaardes, besoek www.rooirose.co.za
Om in te skryf, voltooi die onderstaande vorm:
Sluitingsdatum: 25 Oktober 2023