kategorieë: GrimeringSkoonheid

Dis Nasionale Lipstiffie-dag! Vind die perfekte kleur vir jou vel

Lipstiffie: Vind die perfekte kleur vir jou vel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bepaal jou velondertoon

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jou vel se ondertoon moenie met jou velkleur verward word nie. Terwyl die natuurlike kleur van jou vel dít is wat jy kan sien as jy in die spieël kyk (met ander woorde hoe lig of donker jou vel is), verwys jou ondertoon na die skakering onder jou vel se oppervlak. Dit bepaal watter kleur kledingstukke, hare en juwele die beste by jou pas – en dieselfde geld ook vir grimering.

Maak seker jy watter van die drie velondertone jou die beste beskryf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Koel ondertoon

Hierdie eienskappe beskryf jou goed:

  • Jou vel het ’n rooi, pienk of blouerige skynsel.
  • Die are aan die binnekant van jou pols vertoon blou.
  • Silwer juweliersware lyk die mooiste op jou.
  • Jy brand rooi as jy tyd in die son deurbring.

Kies hierdie kleure:

Nes jou velondertoon behoort ’n lipstiffie met ’n koeler ondertoon pragtig by jou te pas. Jy wil dus kleure met blou of perskleurige ondertone hê – dink byvoorbeeld aan ’n skakering van dieppruim en kersierooi (in plaas van ’n rooi wat meer neig na oranje). As jy ’n natuurliker kleur verkies, stel ons voor jy fokus op roos- of pienk vleeskleurige skakerings.

Lees nog: Skoonheidsprodukte: Regpak, wegpak en uitgooi

Warm ondertoon

Hierdie eienskappe beskryf jou goed:

  • Jou vel het ’n goue, gelerige of olyfkleurige skynsel.
  • Die are aan die binnekant van jou pols vertoon groenerig.
  • Goudkleurige juweliersware lyk die mooiste op jou.
  • Jou vel word bruin eerder as rooi as jy tyd in die son deurbring.

Kies hierdie kleure:

Warm skakerings is perfek vir jou gelaat en sal jou vel waarskynlik die beste komplementeer. Hier werk lipstiffies in kleure van baksteenrooi-, terracotta-, koper- en oranjerooi die beste.

Neutrale ondertoon

Hierdie eienskappe beskryf jou goed:

  • Jou vel het ’n pienk en geel skynsel.
  • Die are aan die binnekant van jou pols vertoon blou én groen.
  • Jy lyk goed in silwer- en goudkleurige juweliersware.

Kies hierdie kleure:

Daar is werklik nie ’n reg of verkeerd vir diegene met ’n neutrale ondertoon nie – enigiets van ligte vleeskleurige skakerings tot ’n dieprooi sal lieflik lyk. Hier kan dit wel tot jou voordeel wees om jou velkleur in ag te neem. As jy ’n ligte vel het, sal jy goed met ligpienk skakerings lyk. ’n Medium velkleur gaan uitstekend gepaard met ’n lipstiffie in skakerings van ligpers, terwyl ’n donkerder vel pragtig met bessiekleurige lippe lyk.

Hier is ’n paar interessante feite oor lipstiffie

  • Het jy geweet dat destydse lipstiffie met bestandele soos dierevet, skaap sweet en die beenmurg van osse gemaak was? Een bestanddeel wat egter steeds gebruik word is visskubbe wat aan lipstiffie sy glans verleen.
  • Hoewel ander skoonheidsprodukte gedurende Die Tweede Wêreldoorlog gerasionaliseer was, was lipstiffie egter steeds geproduseer, omdat Winston Chruchill geglo het dat dit mense se gemoedere ’n hupstoot gegee het.
  • In die vroeë 1500’s was daar geglo dat lipstiffie oor magiese kragte beskik het. Selfs Koningin Elizabeth het dit geglo en sy het na bewering op die dag van haar dood oor ’n sentimeter dik se lipstiffie aangehad.

Lees nog: Ons top tien-wimperwenke

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

3 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

3 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

5 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

7 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.