Bestanddele
- 4 eiers, geskei
- 250 ml strooisuiker
- 125 ml kookwater
- 125 ml olie
- 250 ml koekmeel
- 20 ml bakpoeier
- 125 ml kakao
- knypie sout
Sous
- Kook 250 ml kookwater en 250 ml strooisuiker in ’n kastrolletjie tot die suiker opgelos is.
- Roer 45 ml Kahlua-likeur by en kook vir nog 1 min.
Versiersel
- Klop 250 ml room styf.
- Roer 397 g (1 blik) karamelkondensmelk tot glad en vou by die room in.
- 1 Flake-sjokolade
Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Spuit ’n tertpan met ’n deursnit van 28 cm met kleefwerende kossproei.
- Klits die eiergele en strooisuiker tot liggeel en romerig. Roer die kookwater en olie bymekaar.
- Sif die meel, bakpoeier, kakao en sout saam. Roer die oliemengsel en meelmengsel om die beurt by.
- Klits die eierwitte tot stywe-puntstadium. Vou by die beslag in.
- Skep die beslag in die oondbak en bak vir 30 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom.
- Gooi die warm sous oor die tert sodra dit uit die oond kom.
- Laat afkoel en smeer die versiersel oor die tert.
- Breek die Flake in skerwe en strooi oor.