kategorieë: Mode

Ligte, kameras, mode!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die stylvolle aand is gehou by die Rotanda in Kampsbaai op 10 Februarie 2012. Ons was daar om elke oomblik te geniet met sjampanje, canapes en hoëhakke.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die internasionaal bekende tjello-speler, Carol Thorns het die geleentheid geopen met ’n pragtige vertoning . Die opbrengs van die geleentheid is geskenk aan joinFITE, ’n internasionale  bemagtigingsorganisasie vir vroue, gestig deur velsorghuis Dermalogica, om vroue regoor die wêreld te help om finansiële onafhanklikheid te kry deur entrepreneurskap.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die organiseerder van die geleentheid en voormalige model, Jade Allen, weet wat dit vat om ’n entrepreneur te wees. Met twaalf jaar ondervinding in die plaaslike en internasionale mode-en model arena, bestuur sy nou Red Carpet Concepts, ’n boetiek PR en bemarkingsmaatskappy vir luukse leefstyl handelsmerke. Haar sukses stel ‘n baie hoë standaard vir ander, en ons hoop dat geleentheide soos hierdie ’n liefde vir Suid-Afrika se luukse handelsmerke sal aanmoedig.

Die inspirerende, talentvolle Suid-Afrikaanse ontwerpers, Craig Port, Stefania Morland, Jagadi Haute Couture , Beach Cult en Klûk/CGDT, het ons voete onder ons uitgeslaan met hul nuwe reekse. ‘n Silwer eerder as goue draad kon reg deur al die ontwerpe getrek word met baie blink motiewe, sy en chiffon. Weereens, soos by die J&B Met, was Li Edelkoort se voorspelling van die vlug fantasie-tendens orals te sien, en met ligte blink materiale het die modelle behoorlik soos vlinders op die loopplank gelyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Suid-Afrika se nuwe aanlyn-modewinkel, Zando.co.za, het die geleentheid se skoene geborg om ’n voorsmakie van hul nuwe reeks dames- en mansskoene te gee.

Suid-Afrikaanse styl-ikoon Elana Afrika van KFM en Expresso Morning Show se Katlego Maboe was die aand se MC’s en alhoewel ons nie die gelukkige vrou was wat huis toe gegaan het met ’n paar Aphrodite diamantoorbelle ter waarde van R65 000 nie, ons was baie beïndruk deur die internasionale standaard van die geleentheid.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

8 mins Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

16 mins Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

20 mins Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

38 mins Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

1 hour Gelede

Heerlike winterpastagebak

Hierdie heerlike pastagebak is genoeg vir 6 porsies.

1 hour Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.