kategorieë: Ons menseBekendes

LiG-WeG gesels oor hul jongste album

Vertel ons, wie is LiG-WeG?

LiG-WeG het so middel 2012 die mark betree en het ontstaan vanuit ’n begeerte om musiek te maak wat iets kan nalaat in elke persoon se hart. Ons doel is om hoop te gee en al klink dit hoe eenvoudig, is dit die boodskap van ons musiek: Hoop. LiG-WeG is ’n gospel-groep, met ’n moderne aanslag. Ons musiek is meer gemik op die jonger gehoor, maar dis darem nie so “in your face” dat ouer mense nie ook daarna kan luister nie. Ons is glad nie skaam oor ons geloof nie en tydens optredes probeer ons soveel moontlik mense bereik en herinner dat daar Hoop is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Waarom die naam, LiG-WeG?

Dit sluit aan by ons boodskap: ons hoef nie in die donker rond te val nie, daar is ’n verligte weg vir ons na Hom toe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Beskryf jul musiek?

Dit is ’n kombinasie tussen rock en kontemporêr, met ’n Gospel-aanslag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoe voel dit om ’n tweede album vry te stel?

Dit is vir ons ’n groot voorreg en seën. Tydens die eerste album vind mens mos maar jou ritme en stem, maar met die tweede album het jy jou klank gevind.

Vertel ons meer oor die album.

Alles is ons eie, oorspronklike musiek. Dit is steeds LiG-WeG, maar daar is ’n groter verskeidenheid op die album. Soos genoem, probeer ons om vir ’n groter mark musiek te maak. Ons het einde 2015 by NEXT Music geteken en die voorreg gehad om toe by Fresh Cut Records die album op te neem. Dit het lang aande en harde werk geverg maar dis altyd die moeite werd as jy hoor hoe alles in plek val en ’n nuwe liedjie gebore word.

Hoekom juis die titel, ‘Losprys’?

Baie mense leef elke dag vasgevang of in ’n gevangenis van verslawing, vrees, die verlede. Maar totdat ek en jy besef ons is vry en dat die losprys betaal is, sal ons voortgaan met ’n lewe van hopeloosheid. Die boodskap van die album is dus dat ons tot die besef moet kom dat ons vry is as gevolg van Sy losprys.

Wat hoop julle sal julle aanhangers van hierdie album wegneem?

Hoop, eenvoudig net Hoop. Dat Iemand jou naam ken.

Gaan julle met hierdie album toer?

Ons tree tans soveel as moontlik op, maar ons beplan ’n groot toer vir 2017.

Watter projekte wil julle in die toekoms nog doen?

Ons beplan ’n DVD en nog video’s.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

6 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

7 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

7 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

7 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

7 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

8 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.