Foto: Hanri Human
Vanaf 1 Julie 2017 kan Kapenaars wat vroeg reeds uit die vere is, uitsien na ’n bekende stem op 94.5KFM, wanneer Liezel van der Westhuizen die 05:00 tot 06:00-tydsgleuf oorneem.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Met haar skuif van Sondagaande tussen 19:00 en 22:00 na weeksoggende word Liezel slegs een van drie vroulike persoonlikhede wat hierdie gesogte tydsgleuf op kommersiële musiekradio in Suid-Afrika vul.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Foto: Hanri Human
Met haar passie vir sport en fiksheid, kan luisteraars van Liezel se nuwe program energieke besprekings op ’n daaglikse basis verwag, sowel as musiek, verkeer en vele geleenthede om deel te neem aan pret-uitdagings en selfs nou en dan saam met haar te oefen. Hierdie oefensessies sal op beginners gemik wees en ’n verskeidenheid sportsoorte insluit – van draf en fietsry tot kanoevaart en bergfietsry.
Liezel het self ’n hele paar indrukwekkende sport-prestasies op haar kapstok – onder andere het sy al die IRONMAN-driekamp (3.8k m swem, 180 km fietsry and 42.2 km hardloop), die IRONMAN 70.3 (met ’n gebreekte pols, daarby) en al twee keur die Dusi Kano-Marathon voltooi. Sy is ook ’n gesertifiseerde diepsee duiker en hou daarvan om haar liefde vir die oseaan met onderwater ontdekkingsreise uit te leef. Van haar gunsteling-duik-bestemmings sluit in Madagaskar, die Maldives en Bali.
Behalwe vir spiere inspan en uithouvermoë toets, het Liezel ook ’n sagte plek vir diere – veral die wat mishandel word of sonder huise gelaat is – en sien sy uit om van hul stories met mense te deel. Sy hoop dat hierdie gesprekke ’n rol sal speel in die aanmoediging van ’n aannemingskultuur onder Kaapenaars. Sy het self al twee worshondjies aangeneem – Leia wat sy by die DBV gevind het en Luke wat sy verlede week van die Cape Dachshund Rescue aangeneem het.
Volg Liezel se avonture aanlyn: Giraffe in the City-videoblog | Facebook | Twitter | Instagram
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.