kategorieë: Blogs

Liewe Kersvader

Dit was ’n kenmerk van alles hierdie jaar: ek was óf te vroeg óf te laat. Met alles. Vir alles. Nooit betyds nie – 2014 was ’n holderstebolder-jaar. My kinders se briefies vir jou het die Noordpool reeds begin Oktober bereik – hul ma se paranoia oor die Poskantoor-staking en gepaardgaande vrees vir inkopiesentrums moet seker die skuld hiervoor kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Maar my eie?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Daar was net nie tyd nie. Vanoggend, so tussen die regpak en wegpak, frommels blink papier, houers vol oorskietkos en stralende kindergesiggies, weet ek: ek moet tog probeer. Dalk, net dalk, het jy meer tyd as ek om te lees, en te help.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vir die eerste keer in jare was dit ok as daar nie ’n enkele pakkie onder die boom met my naam op is nie. Jy weet goed ek hou my lewe lank al van paarties en presente. Vir myself, en ander. Hier, aan die einde van 2014, kan niks wat ek nou wil hê gekoop, gelint of gestrik word nie.

Moenie stry nie. Al kan jy en jou helpers álles doen. Ek erken: dit was ’n holderstebolder-jaar. En, die wyse Dr.Seuss was reg: How did it get so late so soon? It’s night before it’s afternoon. December is here before it’s June. My goodness, how the time has flewn. How did it get so late so soon?

Liewe Kersvader, wat ek soek is tyd. Meer tyd. En minder tyd. Kan jy dit koop, lint of strik?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Gee my:
• meer tyd vir vol sinne praat;
• minder vir Facebook, Pinterest, Instagram en LinkedIn;
• meer tyd langs die raserige rugby- en netbalbaan;
• minder in die kille raadsaal;
• meer tyd om huiskos te proe;
• minder vir wegneem-pizza koop;
• meer tyd vir sit langs my siek vriendin se bed;
• minder vir spitsverkeer-oproepe uit die kar;
• meer tyd om weg te gee;
• minder om meer (en meer) te kry;
• meer tyd om saam met geliefdes te “mors”; en
• minder vir planne en lysies maak.

Liewe Kersvader, kan jy help? Ek vra nie baie nie. Net tyd …

Ekskuus? Verstaan ek reg? Ek het dit reeds? Die tyd? Al was 2014 ’n holderstebolder-jaar?

Aha. Dr. Seuss weer: “You have brains in your head. You have feet in your shoes. You can steer yourself any direction you choose. You’re on your own. And you know what you know. And YOU are the one who’ll decide where to go …”

Basta met koop, lint of strik. Dankie Kersvader, vir nóg ’n holderstebolder-jaar.

Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

3 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

4 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

4 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

6 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

8 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

10 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.