Die jongste komedie-drama, Liewe Kersfeesvader, tref fliekteaters op 17 November en beloof om gehore te betower met ongewone karakters en ’n pragtige storielyn. Nonnie, ’n onopgesmukte skoonheidskoningin, word tot volwassenheid gedwing wanneer haar ma hul gesin verlaat om by ’n sirkus aan te sluit en haar pa die nuwe rol van Kersfeesvader aanneem.
Nonnie het haar hande vol met haar pa en kleptomaniese boetie, Hugo, terwyl sy self sin probeer maak van haar eie lewe. Terwyl sy moet kop hou met hierdie ongewone omstandighede begin Nonnie besef wat haar gesin vir haar beteken en watter belangrike rol hulle in haar lewe speel. Liewe Kersfeesvader gee ’n unieke aanslag tot die Suid-Afrikaanse Kersfeesseisoen.
Die rolverdeling sluit in: Mila Guy, Morné Visser, Milan Murray, June van Merch, Terence Bridgett, Melt Sieberhagen en nuweling Eloff Snyman as Hugo.
Kyk die lokprent hier: