kategorieë: Blogs

Liewe Juffrou, Liewe Meneer

Ek dink die afgelope paar weke baie aan julle. Jul werkplekke haal die hoofopskrifte, word gekritiseer, hier en daar darem geprys ook – ons kyk vir julle, onder ’n vergrootglas. Jul wêreld en uitsette grootliks afhanklik van ander se (somtyds politieke) besluite.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Julle het ons kinders dag-na-dag in jul hand.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Maar toe twee pare blink ogies vanoggend vyfuur huppelend die gang afkom, reg vir skool, toe kan ek nie help om te wonder of julle ook so uitsien na ’n nuwe skooljaar soos die kinders in ons huis nie? Blink jul oë ook vanoggend so? (Die lus vir huppel sal ek jul dalk nog vergewe . . .)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Om dag-na-dag in ’n klas van twintig, dertig, veertig, vyftig en ja, selfs sestig energieke jonges te staan kan seer sekerlik nie maklik wees nie. Net soos dit nie maklik is om dag-na-dag die telefoon te antwoord, in ’n winkel te werk, agter ’n lessenaar te sit of vir belangrike besluite in ’n raadsaal verantwoordelik te wees nie.

As ons gelukkig is, kies ons elkeen ons eie loopbaan. Soms kies die loopbaan ons. Soms kies ander vir ons. Maar iemand kies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Julle het gekies om onderwysers te word. Ek lig my hoed, met ’n simpatieke frons.

Dit kan nie aldag maklik wees om so dopgehou te word nie. Die kinders kyk, die ouers kyk, oupas, oumas, ooms en tantes kyk, kollegas kyk, die skoolhoof kyk. Suid-Afrika kyk. Die wêreld kyk.

Want ons verwag baie:

• daag op
• wees voorbereid
• leer ons kinders die wonders van die wêreld, elke dag
• wees vriendelik, wees ferm
• práát met hulle, jy durf nie skree nie (al wil jy ook)
• laat hulle soveel moontlik lag
• hou hulle veilig; en
• onthou dat hul kinders is (en solank moontlik kind moet bly).

En moet asseblief nie met ons kinders raas oor ongesonde kos in ’n kosblik as wit brood, appelkooskonfyt en suurlemoenstroop ál is wat Ma dié maand kan bekostig nie. Of as jou eie kosblik bult van allerlei kitslekkernye nie. Ons verskil, doen elkeen ons bes.

Práát as ons moet help. Sommige van ons wil graag. Want ons bly bekommerd oor die wisselende vlakke van skoolopleiding in ons land. Jy Juffrou, en jy Meneer kan nie die stryd alleen wen nie. Ons weet. Maar jy kan ook nie terugsit, mor en wag tot iemand jou help nie.

Dóén. Práát. Doen wéér.

Want dis in ons kinders, ons land en die wêreld se belang dat jul oë van vroegoggend blink. En ja, dat jul huppel ook.

Tot volgende week,

Marí
www.incontext.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Is jy dalk uitgebrand? Toets jouself

Toets 1 Ek voel emosioneel dood. Dit is asof ek my werk en my kollegas op…

17 hours Gelede

6 oefeninge wat snork stop sit

Ons snork omdat ons keelweefsel pap raak. Spiere wat nie gebruik word nie raak pap…

17 hours Gelede

5 dekorflaters om te vermy

Dit is nie altyd maklik om jou eie huis te versier nie. Ons het gaan…

18 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met André de Villiers oor nuwe seisoen van ‘4×4 Met André’

Maak jou reg vir ’n onvergeetlike Namibiese 4x4-avontuur met die bekende 4x4-spesialis, André de Villiers.…

18 hours Gelede

Marciel groet vanjaar ‘Boer soek ’n vrou’

In ’n eksklusiewe onderhoud met Landbouweekblad het die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Hopkins onthul…

20 hours Gelede

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.