• 150 ml aangemaakte jasmyntee, kokend warm (te kry by PnP)
• 45 ml (3 e) strooisuiker
• 15 ml (1 e) fyn gerasperde vars gemmer
• 400 ml vonkelwyn
Instructions
1 Gebruik 6 bakkies met ’n inhoudsmaat van 125 ml elk en sit 3 lietsjies in elk. 2 Sprinkel die gelatien oor 50 ml van die vonkelwyn en laat spons. 3 Verhit die warm jasmyntee, suiker en gemmer oor lae hitte. Roer tot die suiker gesmelt is. Voeg die gelatien by en roer tot heeltemal opgelos. Roer die vonkelwyn deur. Laat effens afkoel. 4 Gooi die mengsel deur ’n sif oor die lietsjies. Sit vir 2-3 uur in die yskas of totdat die jellie gestol is. 5 Doop die bakkies vir 5-10 sek. in kookwater voor jy die jellie versigtig op bordjies uitkeer.
Sit die jellie met geklopte klapperroom voor:
6 Klapperroom kan styf geklop word as die blikkie oornag in die yskas gehou word. 7 Klop 1 blikkie (400 g) klapperroom en 30 ml strooisuiker tot dik en donsig en sit skeppies van die room met die jellie voor.