Liefde, een foto op ’n slag deur Mariette Snyman. Foto’s, insluitend hooffoto, Petro Kotzé tensy anders aangedui
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Kan jy jou die lewe sonder foto’s voorstel? Nog nooit in die geskiedenis het soveel mense soveel oomblikke verewig nie. Ons vang ons ervarings vas waar ons gaan: van die skuimpatroontjies op ons cappuccino’s en ons troeteldiere se kaskenades, tot by familiekuiers of ons oorwinningspogings in die kombuis.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die meeste van ons neem foto’s waar ons kom, maar ander – soos fotojoernalis Petro Kotzé – gebruik fotografie “dikwels as ’n rede om nuwe, onbekende plekke alleen te verken.”
Die plekke waar Petro al gewerk het, strek oor verskillende kontinente, en joernalistieke werk was sommer al vroeg-vroeg deel daarvan.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Hoe beskryf jy jou werk?
Ek is ’n fotojoernalis en blogger wat in water en omgewingsake spesialiseer. Ek werk ook in kommunikasiebestuur.
Waar het dit alles begin?
Ek het my eerste vryskut-artikel verkoop vanaf die Shetland Eilande rondom 2004. Die artikel se naam was “Goodbye Dolly” en het gehandel oor die bestuur van die siekte scrapie (soortgelyk aan malkoeisiekte) in plaaslike skape. Ek het op een van die skaapplase gewerk, en die storie is in die Farmer’s Weekly gepubliseer.
Ek het dit soveel geniet dat ek daarna eintlik nooit weer ophou reis of skryf het nie. Terug in Suid-Afrika het ek vir ’n paar jaar as joernalis en fotograaf by gemeenskapskoerante in Nelspruit en Kaapstad gewerk. Daarna het ek ’n breuk van die media-industrie gevat, en ek was onder andere vir ’n wyle in Suidoos-Asië om met ’n gedeelte van die Mekong-rivier af te seil.
My media-breuk het nie baie lank gehou nie, en ek het spoedig weer begin stories tik. Ek het besluit om die vryskut-industrie te ondersoek en my loopbaan vir twee jaar in daardie rigting gestuur. Ek het meestal oor omgewingsake, water en so ’n bietjie toerisme geskryf.
Daarna het ek die pos as redakteur van die SANParks Times aanvaar, wat my die geleentheid gegee het om in die 19 Suid Afrikaanse Nasionale Parke te werk. Ná vier jaar daarvan het ek vir twee jaar as kommunikasiebestuurder by omgewingskonsultante in Viëtnam gewerk. Ons hoofkantoor is in Hanoi, maar ons projekte het my wyd oor Suidoos-Asië en ’n bietjie verder geneem. Ek is nou ’n paar maande terug in Suid-Afrika vir nuwe geleenthede. Dié keer begin ek my eie besigheid terwyl ek ’n boek skryf wat handel oor water in stede.
Hoe het jy jou passie vir fotografie ontwikkel?
Ek is meestal in koerantkantore as fotograaf opgelei, en hoewel ek baie van landskappe hou, is my styl meestal dokumentêr. Ek hou ook baie van straatfotografie.
Watter hoogtepunte was daar in jou loopbaan?
Daar was soveel – ek geniet my werk ongelooflik baie. In my vier jaar in die Nasionale Parke was daar te veel om op te noem. Tye saam met die wildvangsspanne was baie spesiaal. Ek het eenkeer vir ’n paar aande op Malgas-eiland (Weskus Nasionale Park) gebly om te help pelikane wegjaag van malgasneste. Daar was ’n aand in ’n Kameeldoringboomhuis onder die sterreruim, en ’n staproete Zimbabwe toe vanaf die noordelike deel van die Kruger Nasionale Park. ’n Herinnering wat my bybly, is die gesig van ’n trop elande wat deur ’n goue koorsboomwoud hardloop.
Alles omtrent die Richtersveld was ’n hoogtepunt. Ek is op ’n keer vir vier dae daardeur saam met ’n vetplantkenner in ’n kar sonder vensters.
Asië is ’n hele boek op sy eie. Ek het eenkeer saam met vissermanne op ’n skuit op die Ayeyarwady-rivier in Myanmar gesit en foto’s geneem van hoe hulle saam met die bedreigde Irrawaddy-dolfyne werk om vis te vang. Hulle roep die dolfyne, wat die visse na hul nette toe jaag. Die vissermanne los dan ’n gedeelte van die vangs vir die dolfyne. Een projek het ons op ’n slowboat vanaf die Golden Triangle tot en met Luang Prabang gevat vir opnames – presies dieselfde roete as wat ek vroeër jare by die Mekong af geneem het. In Viëtnam was my gunsteling uittog die een na die berge van Ha Giang op ’n motorfiets.
As omgewingjoernalis skryf jy baie oor water, veral varswater.
Tegnies kan jy my ’n wetenskapjoernalis noem. Ek spesialieer in in-diepte navorsingskryfstukke. Dit pas my, want ek hou van vrae vra en dinge analiseer. Ek volg die impak van droogtes in die Kruger Nasionale Park byvoorbeeld al van 2009 af, en het pas ’n artikel geskryf oor wat gedurende die 2014/16 droogte met die diere en riviere gebeur het. Ek dink ek is gelukkig – miskien kan baie joernaliste nie soveel tyd aan ’n spesifieke onderwerp spandeer nie.
Lees ook: Petro Kotzé: die watervrou
Jou webwerf www.50litres.com is net een van jou fokuspunte. Waarmee is jy nog besig?
Ek werk tans aan ’n boek oor hoe om stede in droë areas te ontwikkel om in die toekoms meer bestand teen watertekorte te wees. Ek skryf ook artikels vir die Waternavorsingskommissie oor water – enigiets vanaf die impak van droogte in die Kruger Nasionale Park tot by hoe ons eens op ’n tyd reën gemanipuleer het. Ek bied ook steeds ondersteuning vir die organisasie waarvoor ek in Viëtnam gewerk het. Geen twee dae lyk ooit dieselfde nie …
Speel jy graag in die water?
Soveel as moontlik! Ek swem graag, en een van die redes hoekom ek op die oomblik in Muizenberg bly, is om te leer branderplank ry. Een van my gunsteling-aktiwiteite is skubaduik. Ek hou van duik, selfs al is die diepsee ’n vreemde plek vir ’n mens om tuis te voel. Dis baie stil, maar as jy op die regte tye mooi luister, kan jy walvisse hoor praat.
Besoek www.50litres.com en volg Petro op Pinterest twitter facebook en Instagram
Petro Kotzé (Foto Julie Vola)
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.