kategorieë: Reis

Liefde blom by Belgrace

Waar: Belgrace Boutique hotel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wie daar was: Anelle Mostert, Produksiehoof

Wanneer:
April 2015

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Luuksheid is waaroor hierdie hotel gaan, van die pragtige uitsig oor die groen heuwels na die koue drankies en nat lappies wat jou by die ingang verwelkom. Die grootste keuse is watter kamer om te kies. Elke kamer het ’n ander kleurskema en met name soos Hampton Presidential Suite en Baby Grand Delux Suite weet jy dit gaan nie eenvoudig wees nie. Met vonkelwyn op die tafel en roosblare oral tref die atmosfeer jou sodra jy instap. ’n Koningsgrootte bed het die kindjie in my wakker gemaak, ek wou net daarop spring! Party van die kamers het jacuzzi’s en pragtige ruim baddens waarin jy jou vonkelwyn kan geniet. Al is die tema vir die hele hotel romanse (met ’n hoofletter R) het die Belmonte Cottage en Canterbury Cottage elkeen twee kamers en is elk geskik vir ’n gesin van vier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Etes kan in die kamers bedien of onder die reuse boom by die Rock Fig Restaurant geniet word. Die boom se takke is met delikate feetjieligte versier om elke ete onvergeetlik te maak. Die spyskaart is klein maar met oorleg uitgedink, en daar is vyf opsies vir elke gang. Ek droom nog steeds oor die tempura garnale met soetrissie en lemmetjiesous. Vir hoofgereg was die botterhoender of die sagte, sappige lamskenkel die wenners, en die gekaramelliseerde fillo en gebakte vlatoring vir nagereg het die aand soet beëindig. Ontbyt is ’n meer informeel, maar steeds onder die bekende boom. Daar is tuisgemaakte muesli en vars, warm omelette om die dag mee te begin.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die eetervaring sou nie dieselfde wees sonder die oophartige personeel wat elke gas op die hande dra nie. Elke persoon speel ’n belangrike rol en is deel van die Belgrace-familie. Dankie aan elkeen van hulle vir die gasvryheid.

’n Bietjie geskiedenis

Die Belgrace soos wat dit nou is het in Oktober 2014 sy deure oopgemaak. Die vorige elf jaar was dit ’n plaas wat deur dieselfde eienaars besit is. Die stuk grond is baie groot, groot genoeg om nou macadamianeute te begin groei. Sean en Belinda is die eienaars wat hul eie huis in dié hotel omskep het, daarom is elke dingetjie versigtig uitgesoek en met liefde versier.

Die spog Belgrace Boutique Hotel is perfek vir herdenkings, verlowings, intieme troues, verjaarsdagvieringe en spesiale tye weg van die alledaagse lewe.


Die syfers:
Kostes: Daar is agt verskillende opsies en dit wissel tussen R1 600 en R3 200 per persoon per nag.
Ontbyt en Wifi: ingesluit
Besprekings, navrae en spesiale aanbiedings:
Tel: +27 (0) 76 539-0409
Faks: +27 (0) 86 684-9359
reservations@belgrace.co.za
GPS koördinate: S 25º 24.806′ E 31º 05.412′ (Naby aan die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe)

Kyk onder vir meer foto’s

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

13 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

23 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.