Op Woensdag 22 Maart 2017 het die voormalige Girl’s Aloud-ster Cheryl vir die eerste keer ma geword kort voordat Amerika Moedersdag op 26 Maart sou vier. Sy het op dié spesiale dag ’n boodskap met ma’s op Instagram gedeel: “Gelukkige Moedersdag aan alle ma’s regoor die wêreld. ’n Dag wat nou vir altyd vir my ’n verskillende betekenis gaan hê.”
Cheryl (33) en Liam (23) het die vreugde oor hul gesonde babaseuntjie op sosiale media gedeel. Liam het dié foto op Instagram geplaas en sy bewondering vir Cheryl as ma beskryf:
Die paartjie verskil dalk met 10 jaar, maar die liefde blom beslis. Kyk net hoe oulik is hulle saam:
Alhoewel die paartjie hul verhouding redelik stil en uit die openbare oog gehou het, het Liam ’n dankie-boodskap met al sy aanhangers op Twitter getwiet:
Thank you to everyone for the love and supportive messages for myself and @CherylOfficial ❤ It really means a lot
— Liam (@LiamPayne) March 27, 2017
When the fourth nappy happens in 5 minutes pic.twitter.com/cQfH9X0wAG
— Liam (@LiamPayne) March 28, 2017
In ware Directioners-styl het #CongratsLiam op Twitter ge-trend met gelukwense van regoor die wêreld vir die nuwe pappa en mamma. Liam is die tweede One Direction-lid wat by die 1D vaderskap-klub aansluit.