kategorieë: Bekendes

Rooiwarm man: Lewis Gordon Pugh

As kind het sy ma vir hom stories van groot ontdekkingsreisigers gelees wat hom geïnspireer het. Sy pa weer het hom daarvan bewus gemaak dat drome nie net ontvlugting moet wees nie. Deesdae is Lewis beskermheer van die Noordpool en ysbere en wil ‘n bewustheid oor aardverwarming skep, veral waar ysberge smelt en koraalriwwe doodgaan. Hy glo elke mens moet nou doen wat hy kan om ons aarde te red, want ons is reeds diep in die moeilikheid.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Jou pa, ’n skout-admiraal en ortopediese chirurg in die Britse vloot, is dood toe jy ’n student was. Hy was jou groot held en inspirasie, hoekom?
My pa was ’n fantastiese storieverteller. Die belangrikste ding wat hy my geleer het, is dat drome nie net iets vir kinders is nie. Dinge is net onmoontlik as jy glo dat jy dit nie sal kan doen nie. Hy het my in en om die huis omring met voorwerpe om my daaraan te herinner: hy het byvoorbeeld ’n afdruk van die groot ontdekkingsreisiger kaptein James Cook opgehang, of ’n kas gebou met rakke wat gemaak is van die houtskuiling waarin sy ouers in die Tweede Wêreldoorlog geskuil het – sodat ons nie die mense sal vergeet wat toe so swaargekry het nie. Ek het my liefde vir geskiedenis van hom gekry. Ek en my suster was nog op skool toe hy al met Alzheimersiekte begin sukkel het. Dit was rof. Jare later het ek die fliek I am Sam gesien waarin ’n verstandelik gestremde pa ‘n kind grootmaak. Namate die kind ouer word, besef sy sy is slimmer as haar pa en tree dan “dom” op om die gaping tussen hulle te verklein – ek het dit verstaan, want ek het presies dieselfde gedoen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

En jou ma?
My ma was nog altyd baie gemotiveerd en het net nooit tou opgegooi nie. Die belangrikste was dat sy volkome in ons kinders en ons vermoëns geglo het, en dit regtig bedoel het toe sy gesê het ons moet met ons lewe doen wat ons wil. Baie ouers sê dit, maar kry later ’n oorval as hul seun wat regte geswot het en al praktiseer, skielik vir hulle kom sê hy wil sy werk los en voltyds swem om mense van omgewingskwessies bewus te maak. My ma het na my geluister en my volkome ondersteun. Sy doen dit steeds!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Watter soort kind was jy?
Ek was van kleins af mal oor water. In die Hoërskool Kampsbaai het ek altyd ’n lessenaar met ’n uitsig oor die see gekies. Ek was ’n seningrige kind met ’n lyf wat uit proporsie was – ’n tipiese late developer. Om eerlik te wees, ek is nou veertig en ek ontwikkel steeds! Ons skoolhoof by Kampsbaai, John Ince, wat onlangs oorlede is, het ’n groot invloed op my gehad. Hy het elke kind op sy naam geken en almal as ewe belangrik en goed gesien, of jy nou rugby gespeel het of nie. Daar was meer as duisend mense op sy begrafnis. Hy het altyd vir my gesê: “Lewis, all late developers go on to do great things!” Ek kon op sy begrafnis net nie ophou huil nie.

Jy is een van die min mense met die vermoë om jou liggaamstemperatuur te verhoog sodat jy in yswater Kan swem. Hoe doen jy dit?
Ek was ’n soldaat in die Britse Special Air Service (SAS). Die opleiding en my tyd daar het my baie gehelp om my fisiek en geestelik gereed te kry vir latere uitdagings. Elke keer as ek in diep, donker, koue, onbekende waters moet duik, herleef ek weer daardie tye in die Hercules-vliegtuig saam met my 29 mede- SAS-soldate. Ons is duisend meter bo die grond en moet die onbekende nag induik met ons valskerms – net soos ek die diep, onbekende nagdonker waters moet induik. As die deur oopgaan, sien jy net sterre. Dit was vreesaanjaend. Ons is geleer om nooit af te kyk nie en net so ver moontlik vorentoe te duik – soos ek ook vorentoe kyk voor ek induik. Een keer het ’n soldaat se voet gegly en sy lyf was half binne en half buite die vliegtuig vasgevang. Dit was vreesaanjaend! Sy gesig en hulpkrete sal my vir ewig bybly. Ek wil nooit in so ’n situasie beland nie. Tot vandag toe laat daardie beeld my adrenalien pomp en my liggaamstemperatuur styg. Dan “hoor” ek hoe daar in die vliegtuig afgetel word totdat dit my beurt is om te spring – net soos die oomblikke ook vir my afgetel word tot ek in die water moet duik. En dan val ek die “nag” in maar in werklikheid skiet ek deur die yswater en swem! Lewis Gordon Pugh se outobiografie, Achieving the Impossible, het onlangs verskyn. Vir meer inligting kyk by www.lewispugh.com

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Agter die ysbeer

• Lewis Gordon Pugh is op 5 Desember1969 in Plymouth, Engeland gebore. Op 10 het hy en sy sussie, Caroline, saam met hul ouers na Suid-Afrika geïmmigreer.
• Lewis het ’n regsgraad van die Universiteit van Kaapstad en het in Londen gewerk. Hy het ook aan Cambridge verder gestudeer.
• In 2006 het hy die eerste mens geword wat die volle lengte van die Teemsrivier geswem het om mense bewus te maak van die ernstige droogte in Engeland en die gevare van aardverwarming.
• In Julie 2007 het Lewis die Noordpool aangepak! Dit was die heel eerste langafstand- swempoging deur die geografiese Noordpool. Dit het Lewis 18 minute en 50 sekondes gevat om deur die kilometer lange stuk oop see in water van -1,7 °C te swem.
• In Mei vanjaar het hy deur die gletsermeer Pumori by Everest geswem om aandag te vestig op die impak wat die smeltende gletsers in die Himalaja-gebergte op watervoorsiening en wêreldvrede gaan hê. “Daardie gletsers is nie net ys nie, maar ’n lewenslyn – hulle voorsien twee miljard mense van water. Dis amper ’n derde van die werêld!”
• Lewis is mal oor ’n verskeidenheid musiek, van opera tot rap. Hy luister altyd na musiek van Eminem of Puff Daddy, soos “Come with Me”, om hom energie te gee, aan te moedig en die aggressie aan te vuur voor hy in gevaarlike waters duik.
• Op skool was Lewis mal oor Antoinette Malherbe en het altyd skelm aan haar hare geraak toe sy voor hom in die geskiedenisklas gesit het. Hy het haar van ’n afstand bewonder, maar nooit die moed gehad om haar uit te vra nie. In 2006 het hulle mekaar weer raakgeloop en hulle is in 2009 getroud.
• Antoinette het twee kinders, ’n dogter Taegyn (18) wat aan die Universiteit van Australië studeer en ’n seun Finn (14). Hulle het ook twee hondekinders, ’n spierwit Jack Russel met bruin oortjies Nanu (die Eskimowoord vir “wit beertjie”) en ’n pavement special Kanga.
• Lewis is goeie vriende met akteur Karl Thanning (dr. Nathan in Binnelanders) se pa Otto. Hy is ’n hartchirurg en goeie swimmer en die twee het saam al verskeie langafstand- swemekspedisies onderneem.
• Lewis se grootste bederf is sjokolade – hy kan dit net nie weerstaan nie.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

2 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

8 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

9 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

9 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

9 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

10 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.